Critical Lexicography at Work: Reflections and Proposals for Eliminating Gender Bias in General Dictionaries of Spanish

  • Pedro A. Fuertes-Olivera International Centre for Lexicography, University of Valladolid (Spain) and Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, South Africa
  • Sven Tarp Centre for Lexicographical Studies, Guangdong University of Foreign Studies, China, Centre for Lexicography, University of Aarhus, Denmark and Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, South Africa

Samenvatting

Kritiese leksikografie aan die werk: Gedagtes oor en voor­stelle vir die uitskakeling van gendervooroordeel in algemene Spaanse woor­deboeke. In hierdie artikel word daar beklemtoon dat woordeboeke ideologiese tekste is wat 'n groot invloed uitoefen, aangesien miljoene mense woordeboeke as gesaghebbende bronne beskou. Daar word aangetoon dat bestaande algemene Spaanse woordeboeke so bevooroordeeld is t.o.v. gender dat hulle 'n bydrae lewer tot die aanmoediging van onbillike situasies, byvoor­beeld, deur vroue onsigbaar te maak en deur gendertradisies, wat gebaseer is op manlikgesen­treerde mag en ideologie, te handhaaf. Om so 'n onbillike situasie te vermy, stel ons verskeie nuwe idees rond­om die taal- en genderkwessie voor. Ons toon ook aan hoe dit in 'n woordeboekportaal, wat tydens die skryf van hierdie artikel deur ons saamgestel word, toegepas kan word. Hierdie artikel bied dus ver­skeie spesifieke oplossings aan met die doel om vroue leksikografies sigbaar te maak, om die gebruik van inklusiewe taal in die openbare en private diskoers te bevorder en om gender­praktyke uit te skakel. Sleutelwoorde: inklusiewe taal, woordeboek, Spaans, ideologie, beroeps­naam­woorde
Gepubliceerd
2022-07-11
Citeerhulp
Fuertes-Olivera, P. A., & Tarp, S. (2022). Critical Lexicography at Work: Reflections and Proposals for Eliminating Gender Bias in General Dictionaries of Spanish. Lexikos, 32(2), 105-132. https://doi.org/10.5788/32-2-1699