Information Needs and Contextualization in the Consultation Process of Dictionaries that are Linked to e-Texts

  • Theo J.D. Bothma Department of Information Science, University of Pretoria, Pretoria, South Africa
  • Rufus H. Gouws Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, Stellenbosch, South Africa

Samenvatting

Inligtingsbehoeftes en kontekstualisering in die raadpleging van woordeboeke wat aan e-tekste gekoppel is. Hierdie artikel fokus op verskeie aspekte van kontekstualisering wanneer e-tekste gekoppel word aan geïn­te­greerde woordeboeke. Die artikel het 'n tweevoudige probleemstelling: (1) Woordeboeke wat aan e-tekste gekoppel is, ver­re­ken nie die kontekstualisering en kotekstualisering van woorde genoeg­saam wanneer inlig­ting aan gebruikers gebied word nie. (2) Die geïntegreerde woordeboek mag wel die aanduiders wat nodig is vir kontekstualisering en kotekstualisering bevat, maar die e-apparaat kan nie die kon­teks van 'n woord interpreteer en dit aan die tersaaklike aanduider in die woorde­boek koppel nie. Die doel van hierdie artikel is om die behoefte aan te toon om 'n woord in 'n teks op 'n e-appa­raat aan die regte betekenisonderskeiding in die geïntegreerde woordeboek te koppel. Dit voor­veron­derstel dinamiese woordeboekartikels en leksikografiese strukture waarin 'n verhouding tussen woorde in 'n e-teks en gebruikerbepaalde leksikografiese bronne gevestig word. Enkele bestaande projekte waarin hierdie soort koppeling voorkom, word bespreek en geëvalueer. Na aan­lei­ding van die resultate hiervan word bepaalde voorstelle gemaak. Dit word voorsien dat daar 'n "black box" met sagteware tussen die gekose woord en die woordeboek sal wees wat die kor­rekte lemma en betekenisonderskeiding in die e-woordeboek sal bepaal. Verskeie alternatiewe word bespreek waarna parallelle kontekstualisering tussen die woordeboek en die sagteware van die e-apparaat voorgestel word. Baie aspekte wat in hierdie artikel bespreek word, vereis verdere navor­sing en relevante voorstelle word in hierdie verband gemaak. Sleutelwoorde: e-apparaat, e-leser, e-teks, geïntegreerde woordeboek, kon­teks, kontekstua­li­sering, koteks, koppeling, leksikografiese behoef­tes, parallelle kon­tekstualisering, teksbegrip, woordeboekraadpleging
Gepubliceerd
2022-07-11
Citeerhulp
Bothma, T. J., & Gouws, R. H. (2022). Information Needs and Contextualization in the Consultation Process of Dictionaries that are Linked to e-Texts. Lexikos, 32(2), 53-81. https://doi.org/10.5788/32-2-1697