Optimalisering van gratis elektroniese/aanlyn hulpbronne vir woordeboek-samestelling — 'n drietalige woordeboekeksperiment

  • Sonja E. Bosch Departement Afrikatale, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria, Suid-Afrika
  • Marissa Griesel Departement Afrikatale, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria, Suid-Afrika
  • Elsabé Taljard Departement Afrikatale, Universiteit van Pretoria, Pretoria, Suid-Afrika

Samenvatting

Die beskikbaarheid van meertalige woordeboeke is deurslaggewend, nie slegs vir direkte teikengebruikers nie, maar ook vir indirekte teikengebruikers soos menslike taalteg­no­loë, veral in die geval van tale met skaars hulpbronne, soos byvoorbeeld Venda. In hierdie artikel word die optimale benutting van gratis elektroniese/aanlyn hulpbronne vir die samestelling van 'n drie­talige e-woordeboek vir Venda, Engels en Afrikaans ondersoek. Ons benadering is gebaseer op 'n eksperiment waarin die samestellingsproses so ver moontlik geoutomatiseer is om besparing in terme van tyd en mensekrag teweeg te bring. Engels word as 'n brug vir die vertaling tussen die bron­taal, Venda, en die doeltaal, Afrikaans, gebruik. Die algemene bevindinge is dat daar sekere beper­kings te wagte kan wees in so 'n semi-outomatiese proses wat wel 'n sekere mate van mens­like intervensie verg. Hoewel die saamgestelde e-woordeboek nie as 'n finale produk beskou kan word nie, bied die woordeboeksamestellingsprogram Lexonomy, wat vanweë sy aanpasbaarheid en mak­like uitleg suksesvol in hierdie studie gebruik is, die geleentheid vir menslike insette om die nodige aanpassings op 'n gebruikersvriendelike wyse te doen. Die geformuleerde konsepvoorstel is nuttig vir die skep van meertalige aanlyn woordeboeke, saamgestel met behulp van beskikbare aan­lyn of elektroniese hulpbronne. Die resulterende drietalige woordeboek is aanlyn beskikbaar as bewys van die konsep waarop verdere werk kan bou. Die feit dat die databasis onderliggend aan die woordeboek beskikbaar is in 'n masjienleesbare formaat, naamlik XML, is belangrik vir indi­rekte teiken­gebruikers vir hergebruik om elektroniese hulpbronne te ontwikkel, veral vir hulpbronarm tale. Sleutelwoorde: woordeboeksamestelling, Venda–Engels–Afrikaans, drie­ta­lige woordeboek, elektroniese/aanlyn hulpbronne, masjienvertaal­sisteme, lexonomy, korpussoektog, teikengebruikers

Biografieën auteurs

Sonja E. Bosch, Departement Afrikatale, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria, Suid-Afrika
ORCID: https://orcid.org/0000-0002-9800-5971
Marissa Griesel, Departement Afrikatale, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria, Suid-Afrika
ORCID: https://orcid.org/0000-0003-1309-0212
Elsabé Taljard, Departement Afrikatale, Universiteit van Pretoria, Pretoria, Suid-Afrika
ORCID: https://orcid.org/0000-0002-4507-1633
Gepubliceerd
2022-07-11
Citeerhulp
Bosch, S. E., Griesel, M., & Taljard, E. (2022). Optimalisering van gratis elektroniese/aanlyn hulpbronne vir woordeboek-samestelling — ’n drietalige woordeboekeksperiment. Lexikos, 32(2), 27-52. https://doi.org/10.5788/32-2-1696