<i>Lexikos</i> and AFRILEX — A Perfect Lexicographic Liaison

  • Mariëtta Alberts Former Director: Terminology and Standardisation, Pan-South African Language Board (PanSALB)

Samenvatting

Lexikos en AFRILEX — Perfekte lek­sikografiese samewer­king. Na diepgaande samespreking met belanghebbendes in 1991 het die Buro van die Woorde­boek van die Afrikaanse Taal (WAT) besef dat Afrikaans se toekoms onlosmaaklik verbind is aan die ander tale wat in Suid-Afrika bestaan en gebruik word. Een van die uitvloeisels van die same­spre­kings was die totstandkoming in 1991 van 'n vaktydskrif Lexikos in die AFRILEX-reeks. Die Beheer­raad van die Buro van die WAT het ook ‘n eksterne lewensvatbaar­heid­studie laat doen om die moontlikheid vir die stigting van 'n Instituut vir Suider-Afrikaanse Lek­sikografie te bepaal. Die resultate van die lewensvatbaarheidstudie het getoon dat respondente nie nog 'n burokratiese instel­ling wou hê nie. 'n Verdere uitvloeisel van die lewensvatbaar­heid­studie was egter die stigting in 1995 van 'n vakvereniging, die African Assosciation for Lexicography, wat uitsluitlik op leksi­ko­gra­fiese aangeleenthede fokus. Die Buro van die WAT het toestemming gegee dat hierdie nuwe vak­vereniging die akroniem "AFRILEX" gebruik. Die Pan-Suid-Afrikaanse Taal­raad (PanSAT), wat ook in 1995 tot stand gekom het, was die direkte uitvloeisel van die nuwe meer­talige beleid. Ten einde gelyke beregtiging vir alle woordeboekprojekte in al die amptelike Suid-Afrikaanse tale te weeg te bring, is die PanSAT-wetgewing gewysig. Dit het tot gevolg gehad dat nasionale leksiko­gra­fiese eenhede vir elk van die amptelike Suid-Afrikaanse tale gestig is. Sowel AFRILEX se bedry­wighede en die artikels wat in Lexikos gepubliseer word, het 'n groot invloed op die werksaamhede van die nasionale leksikografiese eenhede. Sleutelwoorde: kommunikasie, leksikografie, lewensvatbaarheidstudie, nasionale leksikografiese eenhede, terminografie, terminologie, vak­taal, vaktydskrif, vakvereniging, wetgewing, woordeboek
Gepubliceerd
2022-07-11
Citeerhulp
Alberts, M. (2022). <i>Lexikos</i&gt; and AFRILEX — A Perfect Lexicographic Liaison. Lexikos, 32(2), 1-26. https://doi.org/10.5788/32-2-1695