'n Omwenteling in tweetalige leksikografie: Die verbetering van kwaliteit en produktiwiteit met nuwe metodes en tegnologie.

  • Sven Tarp Centre of Excellence in Language Technology, Ordbogen A/S, Denmark; and Centre for Lexicography, Aarhus University

Samenvatting

Hierdie is 'n ver­slag uit die praktyk. Daar word verslag gelewer oor die uitkoms van 'n projek, wat die outeur gedurende 'n maandelange navorsingstydperk by die Deense maatskappy Ordbogen aangevoer het waar­tydens hy die navorsings- en ontwikkeling- (N&O)-span geïntegreer het. Die eerste deel van die projek het die toets van masjien­vertaling behels en om die bruikbaarheid daarvan in die saam­stel van tweetalige leksiko­grafiese databasisse te bepaal. Die hipotese was dat die tegnologie nog nie gevorderd genoeg was nie. Dit het egter, verrassend genoeg, geblyk dat die akkuraatheidsyfer reeds so hoog was dat dit die moeite werd was om die implementering daarvan te oorweeg. Die tweede deel van die projek het die verdere ontwikkeling van 'n idee, geformuleer deur Fuertes-Olivera et al. (2018) oor die omskakeling van 'n woordeboek sonder verlies van semantiese inhoud, ten doel gehad. Die nuwe visie is om 'n eentalige L2-databasis saam te stel, dan met behulp van masjien­vertaling te omskep in 'n L2–L1-databasis, en daarna die verhouding tussen L2-lem­mata en L1-ekwivalente om te skakel deur die L1-definisies van die L2-lemmata as die spil te gebruik. Die derde deel van die projek was die toets van hierdie idee met 'n spe­siaal ontwerpte ad hoc-program. Hierdie program laai outomaties relevante data vanuit leksiko­gra­fiese data­basisse, vertaal L2-definisies en ‑voor­beeld­sinne in L1, stel gepaste L1-ekwivalente voor, en skakel uiteindelik die verhouding tussen die twee tale om. Dit was geslaagd, maar die meto­dologie moet nog verder verfyn word voor­dat dit op groot skaal geïmplementeer kan word. Die verslag word afge­sluit met die lys van som­mige van die oorblywende uitdagings en met die defi­niëring van die nuwe rol van die lek­si­ko­graaf in hierdie tipe projek. Sleutelwoorde: leksikografiese n&o, interdissiplinÊre samewerking, digi­tale tegnologie, tweetalige leksikografie, leksikografiese databasisse, masjien­vertaling, outomatiese omskakeling, doeltaal, sekondÊre taal, mens­like versus kunsmatige leksikograaf

Biografie auteur

Sven Tarp, Centre of Excellence in Language Technology, Ordbogen A/S, Denmark; and Centre for Lexicography, Aarhus University
Centre for Lexicographical Studies, Guangdong University of Foreign Studies, China; Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, South Africa; International Centre for Lexicography, Valladolid University, Spain; Centre of Excellence in Language Technology, Ordbogen A/S, Denmark; and Centre for Lexicography, Aarhus University
Gepubliceerd
2022-03-29
Citeerhulp
Tarp, S. (2022). ’n Omwenteling in tweetalige leksikografie: Die verbetering van kwaliteit en produktiwiteit met nuwe metodes en tegnologie. Lexikos, 32(1), 66-87. https://doi.org/10.5788/32-1-1686
Sectie
Projekte/Projects