Improving the Compilation of English–Chinese Children's Dictionaries: A Children's Cognitive Perspective

  • Dan Zhao School of Foreign Studies, Guangdong University of Finance and Economics, Guangzhou, P.R. China
  • Hai Xu Centre for Linguistics and Applied Linguistics, Guangdong University of Foreign Studies, Guangzhou, P.R. China

Samenvatting

Verbetering van die samestelling van Engels–Chinese kinder­woor­de­boeke: Die kognitiewe perspektief van 'n kind. Kinderwoorde­boeke bestaan reeds meer as 'n duisend jaar in China, en speel 'n belangrike rol in die leerproses van kin­ders. Baie van dié wat in China saamgestel word, is egter ontoereikend in die keuse van die woor­delys, in die gebruik van voorbeelde en in die definisie. In hierdie artikel word gepoog om die same­stelling van Engels–Chinese kinderwoordeboeke (ECKWe) vanuit die kognitiewe perspektief van 'n kind te ver­beter. Kinderwoordeboeke behoort nie net 'n beknopte uitgawe of vereenvoudi­ging van woor­de­boeke vir volwassenes te wees nie, want hul teikengebruikersgroep is onvolwasse, oningeligte en onopgeleide kinders. Aangespoor deur sommige vernuwings in huidige Engelse aan­leerders­woor­de­boeke, word daar in hierdie artikel voorgestel dat die samestelling van ECKWe ten opsigte van die volgende aspekte verbeter moet word. Eerstens behoort die seleksie van tref­woorde op 'n Engelse korpus vir Chinese kinders en nie op leksikografiese intuïsie geba­seer te word nie. Twee­dens behoort die woorde wat in voorbeelde gebruik word, in ooreenstemming met kinders se beperkte kog­nitiewe en aanleervermoëns te wees. Derdens behoort 'n veelvlakkige metode vir ver­dui­deliking verskaf te word om sodoende kinders te help om die betekenis van tref­woorde te kan begryp. Sleutelwoorde: Engels–Chinese kinderwoordeboeke, gebruikersfokus, kin­der­korpus, trefwoorde, kinders se kognitiewe vermoëns, illustrasies, voor­beelde
Gepubliceerd
2022-02-28
Citeerhulp
Zhao, D., & Xu, H. (2022). Improving the Compilation of English–Chinese Children’s Dictionaries: A Children’s Cognitive Perspective. Lexikos, 32(1), 49-65. https://doi.org/10.5788/32-1-1681
Sectie
Artikels/Articles