The Effect of Learning Conditions on Collocation Gains: A Case Study of Task-based Dictionary Use Instruction

  • Yuzhen Chen Yuzhen Chen, College of Foreign Languages, Putian University, Fujian, P.R.C.

Samenvatting

Die invloed van onderwysomstandighede op die aanleer van kol­lo­ka­sies: 'n Gevalle­studie van taakgebaseerde woordeboekgebruiks­onder­rig. Om die invloed van onderwysomstandighede op die aanleer van kollokasies te onder­soek, is 88 Chinese EVT-studente lukraak aan een van drie verskillende onderwysomstandighede onder­werp, nl. woordeboek­gebruik met voorafgaande onderrig, woordeboekgebruik sonder enige oplei­ding, of gebruik met uitvoerige aan­wysings vir die aanleer van kollokasies. Hulle is ook gevra om die ont­bre­kende werkwoord in tien V + N-doelkollokasies wat in sinne gebruik is, in te vul. 'n Skerm­opnemer is gebruik om die studente se naslaangedrag in die twee onderwys­omstan­dig­hede wat woorde­boek­gebruik behels, te monitor, bv. elke keer wanneer die woord wat nageslaan word, ingetik word, elke beweging en klik van die muis, elke stap van die kollokasiesoektog en die tyds­duur waarin die woor­deboek geraadpleeg is. Ná voltooiing van die opdrag is al die studente kor­rek­tiewe terug­voer rakende die kollokasieopdrag gegee en hulle het hul korreksies op die toetsblad aan­gebring. Twee weke later is 'n onverwagse retensietoets uitgevoer. Die studie het aangetoon dat woor­de­boek­gebruik wat volg op 'n onderrigsessie bestaande uit vyf stappe 'n baie groter invloed op die aan­leer van kollokasies gehad het as woordeboekgebruik sonder enige voorafgaande oplei­ding en uit­voe­rige aanwysings vir die aanleer van kollokasies. Indien die studente wat die woorde­boek son­der enige opleiding gebruik het, vergelyk word met dié wat voorafgaande onderrig ont­vang het, kan gesien word dat laasgenoemde groep effektiewer strategieë rondom die seleksie van naslaan­woorde en die vind en identifisering van kollokasie-inligting toegepas het. Hulle het 'n meer doel­gerigte benadering tot woor­de­boekgebruik gevolg en meer korrekte doelwerkwoorde gevind. Buiten die verlening van nuwe steun aan die volgehoue pleidooi vir woorde­boek­gebruiks­oplei­ding in die EVT-pedagogie, verskaf hierdie studie ook 'n gedetailleerde voorbeeld van taak­gebaseerde woor­deboekopleiding wat op die klaskamerpraktyk toegepas kan word.
Gepubliceerd
2022-02-28
Citeerhulp
Chen, Y. (2022). The Effect of Learning Conditions on Collocation Gains: A Case Study of Task-based Dictionary Use Instruction. Lexikos, 32(1), 1-30. https://doi.org/10.5788/32-1-1679
Sectie
Artikels/Articles