The Real-life-based School Dictionary for Turkish

  • Bülent Özkan Turkish Language Teaching Department, Mersin University, Turkey
Trefwoorden: skoolwoordeboek, leksikologie, Turkse opvoedkunde, werklikheidsgebaseerde woordeboek, korpuslinguistiek

Samenvatting

Die werklikheidsgebaseerde skoolwoordeboek vir Turks.In hierdie verslag word die ontwikkeling van 'n nuwe, oorspronklike, en eentalige woordeboek as opvoedkundige hulpbron, naamlik die Real-life-based School Dictionary (RLBSD), beskryf. Daar bestaan 'n algemene tekort aan korpusgebaseerde skoolwoordeboeke in die Turkse konteks. Die bestaande woordeboeke is gebaseer op die intuïsies van moedertaalsprekers en is nie naastenby empiries gefundeer nie, wat dui op die behoefte aan die ontwikkeling van 'n korpusgebaseerde woordeboek. Ten opsigte hiervan, voorsien die RLBSD in hierdie kritiese behoefte. 'n Gespesialiseerde korpus, bestaande uit 'n groot verskeidenheid tekste uit natuurlike taalomgewings soos handboeke (van primêre tot hoërskool) wat deur die Ministerie van Opvoedkunde (MoNE) goedgekeur is, kinderlektuur, en tydskrifte is saamgestel en vorm die basis van die RLBSD. Die woordeboek is ontwerp met gebruikmaking van inligtingstegnologie en korpuslinguistiese metodes en is op alle digitale platforms (die Internet, interaktiewe witbord, tablet, slimfoon) vir gebruikers toeganklik as onderrighulpmiddel. Daar word aanvaar dat die huidige studie met sy metodes en resultate as voorbeeld kan dien vir Turkse leksikografiese studies.

Biografie auteur

Bülent Özkan, Turkish Language Teaching Department, Mersin University, Turkey
Gepubliceerd
2021-10-28
Citeerhulp
Özkan, B. (2021). The Real-life-based School Dictionary for Turkish. Lexikos, 31(1), 468-486. https://doi.org/10.5788/31-1-1659
Sectie
Projekte/Projects