Lexicographic Data Boxes Part 3: Aspects of Data Boxes in Bilingual Dictionaries and a Perspective on Current and Future Data Boxes

  • Rufus H. Gouws Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, Stellenbosch, South Africa
  • D.J. Prinsloo Department of African Languages, University of Pretoria, Pretoria, South Africa
Trefwoorden: woordeboeke, datakassies, opspringkassies, hiperskakels, Afrikatale, Sepedi, isiZulu, soekdomein, soekuniversum, dataverspreiding

Samenvatting

Leksikografiese datakassies. Deel 3. Aspekte van datakassies in tweetalige woordeboek en 'n perspektief op huidige en toekomstige datakassies. Hierdie artikel, die derde in 'n reeks van drie oor leksikografiese datakassies, fokus eerstens op aspekte van datakassies in tweetalige woordeboeke met die klem op verskillende benaderings in tweetalige woordeboeke met 'n Afrikataal as een van die lede van die behandelde taalpaar. Daarna gaan die bespreking voort deur te kyk na 'n paar nuwe maniere om datakassies in aanlyn woordeboeke te gebruik. Daar word aangetoon dat die moontlikhede wat die nuwe medium bied, leksikograwe in staat stel om datakassies op sowel tradisionele as nie-tradisionele maniere te gebruik. Daar word aangevoer dat die datakassies gebruik kan word om 'n verskeidenheid doeleindes te bereik, wat wissel van navigasie-inligting en die verskaffing van belangrike inligting tot toegang tot relevante data in woordeboek-interne en woordeboek-eksterne bronne. Leksikograwe van aanlyn woordeboeke het nuwe maniere bekendgestel om datakassies te gebruik wat nog nie volledig in die metaleksikografiese literatuur bespreek is nie. Hierdie artikel gee 'n identifisering en 'n kort bespreking van sommige van hierdie innoverende gebruike van datakassies. Dit beklemtoon die potensiaal wat die aanlynomgewing aan die leksikografie bied. Leksikograwe moet bewus wees van hierdie moontlikhede en uitdagings. Deur met 'n meer omvattende gebruik van datakassies te begin, kan woordeboeke selfs beter kennishouers word en hul gebruikers op 'n optimale manier dien.
Gepubliceerd
2021-09-29
Citeerhulp
Gouws, R. H., & Prinsloo, D. (2021). Lexicographic Data Boxes Part 3: Aspects of Data Boxes in Bilingual Dictionaries and a Perspective on Current and Future Data Boxes. Lexikos, 31(1), 402-433. https://doi.org/10.5788/31-1-1653
Sectie
Artikels/Articles