Lexicographic Data Boxes Part 1. Lexicographic Data Boxes as Text Constituents in Dictionaries

  • Rufus H. Gouws Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, Stellenbosch, South Africa
  • D.J. Prinsloo Department of African Languages, University of Pretoria, Pretoria, South Africa
Trefwoorden: adressering, artikeldeeltrajek, artikel-eksterne datakassies, artikel-interne datakassies, artikeltrajek, artikelvensters, datakassies, dataverspreiding, ingefaseerde binnetekste, invoeging, leksikografiese datakassie, parallelle makrostruktuur, uitgebrei

Samenvatting

Leksikografiese datakassies. Deel 1. Leksikografiese datakassies as tekskonstituente in woordeboeke. Hierdie artikel, die eerste in 'n reeks van drie oor leksikografiese datakassies, fokus veral op die voorkoms van leksikografiese datakassies as tekskonstituente in woordeboeke. Na 'n kort bespreking van wat datakassies is, verskuif die fokus na die verskillende plekke waar hierdie kassies in die sentrale woordelys van 'n woordeboek geakkommodeer kan word. Datakassies wat aanduiders en/of aanduidertekste bevat, kan binne-in artikels, of artikel-ekstern as ingefaseerde binnetekste in die deeltrajekte van 'n woordeboek geplaas word. Datakassies word gebruik om data oor te dra wat beklemtoon moet word en word daarom dikwels gemerk (met 'n gekleurde agtergrond of in 'n raam) en word in 'n artikelgleuf geplaas wat in 'n posisie is wat die aandag trek. As woordeboekinskrywings word datakassies betrek by prosedures van lemmatiese en nielemmatiese adressering. Dit word aangetoon dat 'n kassie liefs so na as moontlik aan sy adres geplaas moet word. In artikels van polisemiese woorde moet die gebruiker ondubbelsinnig kan weet vir watter betekenisonderskeiding(e) die kassie relevant is. As ingefaseerde binnetekste kan datakassies aan 'n lemma in dieselfde deeltrajek geadresseer wees, maar ook, in die geval van sinoptiese kassies, aan lemmata in ander artikeltrajekte. Dit vereis prosedures van verwyderde adressering.Sleutelwoorde: adressering; artikeldeeltrajek; artikel-eksterne datakassies; artikel-interne datakassies; artikeltrajek; artikelvensters; datakassies; dataverspreiding; ingefaseerde binnetekste; invoeging; leksikografiese datakassie; parallelle makrostruktuur; uitgebreide woordelys

Biografieën auteurs

Rufus H. Gouws, Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, Stellenbosch, South Africa
D.J. Prinsloo, Department of African Languages, University of Pretoria, Pretoria, South Africa
Gepubliceerd
2021-09-01
Citeerhulp
Gouws, R. H., & Prinsloo, D. (2021). Lexicographic Data Boxes Part 1. Lexicographic Data Boxes as Text Constituents in Dictionaries. Lexikos, 31(1), 330-373. https://doi.org/10.5788/31-1-1651
Sectie
Artikels/Articles