The <i>New Online English–Georgian Maritime Dictionary</i> (NEGMD): Current State of the Project

Trefwoorden: woordeboeksamestelling, riglyne, terminologiese inskrywings, nuutskeppings in Georgiese maritieme terminologie

Samenvatting

Die Nuwe Aanlyn Engels–Georgiese Maritieme Woordeboek (NEGMD): Stand van die projek.My praktiese opleiding by die Maritieme Vervoeradministrasie van Georgië in 2018 het die projek om die NEGMD saam te stel, geïnspireer.  Die projek is bevorder deur 'n internasionale toekenning van die Europese Leksikografiese Infrastruktuur (ELEXIS), wat gelei het tot 'n uitnodiging om die Instituut voor Nederlandse Lexicologie in Leiden, Nederland, te besoek.Die doel van hierdie verslag oor die samestelling van die NEGMD is om die stand van die projek uit 'n praktiese oogpunt te toon met konkrete voorbeelde van terminologiese inskrywings.Die projek omvat twee hoofkwessies: die samestelling van die woordeboek self en die skepping van nuwe seevaartterme in Georgies om die bestaande leksikale/terminologiese gapings te vul. Dit is van groot belang vir die vakgebiede van maritieme opvoeding en opleiding in Georgië, vir die algehele maritieme ekonomie van die land en vir die ontwikkeling van die Georgiese taal, en dus vir die vakgebiede Georgiese linguistiek en leksikografie.Alle kwessies rakende hierdie projek, insluitende die kriteria waarvolgens dit saamgestel word en die inligting wat elke terminologiese inskrywing van die woordeboek bevat, sal deeglik gedek word. Perspektiewe op toekomstige woordeboekontwikkeling sal aangebied word deur dit met konkrete voorbeelde uit die NEGMD te illustreer.

Biografie auteur

Anna Tenieshvili, Foreign Languages Department, Batumi State Maritime Academy, Batumi, Georgia (a.tenieshvili@bsma.edu.ge) (anna_tenieshvili@yahoo.com)
Gepubliceerd
2021-08-23
Citeerhulp
Tenieshvili, A. (2021). The <i>New Online English–Georgian Maritime Dictionary</i&gt; (NEGMD): Current State of the Project. Lexikos, 31(1), 322-329. https://doi.org/10.5788/31-1-1650
Sectie
Projekte/Projects