For a Better Dictionary: Revisiting Ecolexicography as a New Paradigm

  • Xiqin Liu School of Foreign Languages / Research Center for Indian Ocean Island Countries, South China University of Technology, Guangzhou, China
  • Jing Lyu School of Foreign Languages, South China Agricultural University, Guangzhou, China
  • Dongping Zheng Department of Second Language Studies, University of Hawai'i at Mānoa, Honolulu, USA
Trefwoorden: e-woordeboek, aanleerderswoordeboek, semantiese ekologie, semiotiese ekologie, ekolinguistiek, ekoleksikografie, diskoers, verspreide kognisie, sosiokultuur, korpusgebaseerde raamanalise, metaleksikografie

Samenvatting

Vir 'n verbeterde woordeboek: 'n Herbesoek aan die ekoleksikografie as nuwe paradigma. Voortgedryf deur praktiese probleme wat gebruikers dikwels ervaar in die maksimalisering van (e-)woordeboeke as 'n handboekhulpbron, word 'n herbesoek aan die ekoleksikografie gebring en word dit geherdefinieer as nuwe paradigma wat samestellers en gebruikers in 'n relasionele dinamika posisioneer. Uit insigte wat verkry is uit die ekolinguistiek en kognitiewe studies word daar gevra om 'n herbesinning van die samesteller–gebruikers-verhouding en om woordeboeke in 'n verspreide kognitiewe stelsel te beskou. 'n Multidimensionele raamwerk van die ekoleksikografie, wat bestaan uit 'n mikro- en makrovlak, word voorgestel. Tot die mikrovlak word beide simboliese en kognitiewe dimensies gevoeg: (1) die woordeboek kan simbolies beskou word as semantiese en semiotiese ekologie; (2) diskoers moet beklemtoon word as 'n essensiële aspek van die samestelling/ontwerp van die e-woordeboek, en verspreide kognisie kan bevrydend wees vir die herbeskouing van woordeboekgebruik. Die makrovlak is gemoeid met die verpligting van leksikograwe wat verbind is tot drie ekologieë of ekostelsels wat onderling aan mekaar verbonde is: die taal, sosiokultuur en natuur. Die ekoleksikografie, transdissiplinêr van aard, behels 'n holistiese, sistematiese en integrerende metodologie om die leksikografiese praktyk en navorsing te voed. Korpusgebaseerde Raamanalise word gebruik om ekologies destruktiewe raamwerke en ideologieë te identifiseer sodat woordeboekdiskoers geherdefinieer kan word. Hierdie studie verbeter ons begrip van die ontologiese, epistemologiese en metodologiese aspekte wat verband hou met die ekoleksikografie, en ontlok filosofiese denke rakende die metaleksikografie. Daar word ook verwag dat dit 'n geleentheid vir leksikograwe sal bied om probleme rakende (e‑)woordeboeke in 'n nuwe lig te ondersoek en vir gesprekvoering oor hoe om oplossings vir hierdie probleme te vind.

Biografieën auteurs

Xiqin Liu, School of Foreign Languages / Research Center for Indian Ocean Island Countries, South China University of Technology, Guangzhou, China
Jing Lyu, School of Foreign Languages, South China Agricultural University, Guangzhou, China
Dongping Zheng, Department of Second Language Studies, University of Hawai'i at Mānoa, Honolulu, USA
Gepubliceerd
2021-08-18
Citeerhulp
Liu, X., Lyu, J., & Zheng, D. (2021). For a Better Dictionary: Revisiting Ecolexicography as a New Paradigm. Lexikos, 31(1), 283-321. https://doi.org/10.5788/31-1-1648
Sectie
Artikels/Articles