Corpus Linguistics Methods for Building ESP Word Lists, Glossaries and Dictionaries on the Example of a Marine Engineering Word List

  • Zorica Đurović Faculty of Maritime Studies, University of Montenegro, Kotor, Montenegro
Trefwoorden: woordeskat, woordelys, leesbegrip, korpus, handleidings, Engels vir Spesifieke Doeleindes, skeepsingenieurswese, frekwensie

Samenvatting

Korpuslinguistiese metodes vir die saamstel van ESD-woordelyste, glossariums en woordeboeke gebaseer op 'n skeepsingenieurswese-woordelys. Buiten 'n algemene kennis van Engels wat vandag vir byna enige mens se beroep vereis word, word daar vir 'n toereikende woordeskat daarop gefokus om tred te hou met die ondersteuning van Engels vir Spesieke Doeleindes. Weens die moontlikhede wat deur eietydse sagtewareoplossings gebied word, kon die korpuslinguistiek antwoorde op sommige spesifieke vrae oor die woordeskatvereistes van tekste verskaf en ook gekonsentreerde woordeskatlyste volgens frekwensie in werklike tekste (korpora) lewer. Met die strewe om aan ons doelleerders van Engels vir die vereistes van skeepsvaartingenieurswese 'n praktiese woordeskathulpmiddel te verskaf wat hulle kan help om 'n voldoende teksdekking van 95% vir leesbegrip te verkry, het ons 'n skeepsingenieurswese-woordelys van 337 woordfamilies, saam met 'n lys van 73 deursigtige samestellings, wat afgevoer is uit die korpus van handleidings vir skeepsingenieurswese met 1,769,821 lopende woorde, saamgestel. Hierdie lys kan in universiteitsklasse of opleidingskursusse vir seevaarders deur middel van verskeie tipes woordeskatoefeninge bestudeer word, maar dit kan ook van hulp wees in die saamstel van tegniese glossariums en woordeboeke. Die metodologie wat gebruik word en die prosedures wat in hierdie artikel toegepas word, sal hopelik van waarde wees vir ander outeurs en taalonderwysers wat aan ander areas van tegniese Engels werk.

Biografie auteur

Zorica Đurović, Faculty of Maritime Studies, University of Montenegro, Kotor, Montenegro
Gepubliceerd
2021-08-18
Citeerhulp
Đurović, Z. (2021). Corpus Linguistics Methods for Building ESP Word Lists, Glossaries and Dictionaries on the Example of a Marine Engineering Word List. Lexikos, 31(1), 259-282. https://doi.org/10.5788/31-1-1647
Sectie
Artikels/Articles