Use of Dictionaries and Online Tools for Reading by Thai EFL Learners in a Naturalistic Setting

  • Atipat Boonmoh School of Liberal Arts, King Mongkut's University of Technology Thonburi, Bangmod, Thailand
Trefwoorden: woordeboekgebruik, woordeboeknaslaanpogings, Thai EVT-leerders, Google Translate, woordeboekkontrolevorm, aanlyn woordeboeke

Samenvatting

Thaise EVT-leerders se gebruik van woordeboeke en aanlyn hulpmiddels vir lees in 'n natuurlike omgewing. Woordeboeke en aanlyn hulpmiddels word as belangrike werktuie beskou om die betekenisse van onbekende woorde te bepaal of om die gebruik van interessante woorde na te gaan. In hierdie studie is studente se gebruik van woordeboeke en aanlyn hulpmiddels in 'n natuurlike omgewing bestudeer deur die tipe woorde wat deur hulle nageslaan word in hul woordeboeke asook die tipe woordeboeke wat hulle vir die naslaanproses gebruik, te identifiseer. Veertien leerders van 'n Thaise staatsuniversiteit het as proefpersone deelgeneem deur 'n taakkontrolevorm te voltooi wat die name van die woordeboeke wat hulle gebruik het, die woorde wat nageslaan is, die betekenisse wat vir die woorde geselekteer is, en hul woordsoorte, ingesluit het. Die woorde wat nageslaan is, is geanaliseer om die frekwensies van woorde, hul woordsoorte, en betekenisse te bepaal deur 'n gevorderde aanleerderswoordeboek te raadpleeg. Die bevindings dui daarop dat die proefpersone hoofsaaklik substantiewe, werkwoorde en adjektiewe geselekteer het. Hulle was geneig om voorkeur aan "hoëfrekwensie" in die naslaanproses te verleen. Geriefshalwe het die proefpersone óf 'n aanlyn vertalingshulpmiddel, 'Google Translate', óf tweetalige woordeboeke met behulp van mobiele toestelle gebruik. Die resultate mag ons dalk help om EVT-gebuikers se gedrag in die gebruik van woordeboeke te verstaan en lewer interessante implikasies vir taalonderwysers.

Biografie auteur

Atipat Boonmoh, School of Liberal Arts, King Mongkut's University of Technology Thonburi, Bangmod, Thailand
 
Gepubliceerd
2021-08-04
Citeerhulp
Boonmoh, A. (2021). Use of Dictionaries and Online Tools for Reading by Thai EFL Learners in a Naturalistic Setting. Lexikos, 31(1), 239-258. https://doi.org/10.5788/31-1-1645
Sectie
Artikels/Articles