Italian Dictionaries of Abbreviations and the Preparation of Entries of the Italian–Slovene Dictionary of Abbreviations

  • Mojca Kompara Lukančič Faculty of Criminal Justice and Security and Faculty of Tourism, University of Maribor, Slovenia
Trefwoorden: afkortings, tweetalige woordeboeke, samestelling, woordeboeke, woordeboekinskrywing, uitbreiding, Italiaans, leksikografie, Sloweens, gespesialiseerde woordeboeke

Samenvatting

Italiaanse afkortingswoordeboeke en die voorbereiding van inskrywings van die Italiaans-Sloweense afkortingswoordeboek. In hierdie artikel word die twee hedendaagse Italiaanse afkortingswoordeboeke Malossini (1999) en Righini (2001) aangespreek en word die stand van Italiaanse afkortings in sommige ander Italiaanse woordeboeke, naamlik die eentalige Zingarelli (2000) en Garzanti (2021) en die tweetalige Sloweens–Italiaanse (Šlenc 2006) en Italiaans–Sloweense (Šlenc 1997) woordeboeke bespreek. Die doel van die artikel is om die samestelling van die afkortingswoordeboekinskrywings in eentalig Italiaanse, tweetalig Sloweens–Italiaanse/Italiaans–Sloweense en gespesialiseerde afkortingswoordeboeke weer te gee; om die elemente waaruit die woordeboekinskrywings bestaan, uit te lig; om die leemtes in die samestelling asook voorbeelde van goeie praktyk te beskryf; om sodoende die resultate in die samestelling van die tweetalige Italiaans–Sloweense woordeboekinskrywings van die Sloweense Kontemporêre Afkortingswoordeboek toe te pas. In die artikel word die samestelling van die tweetalige woordeboekinskrywings weergegee om die leser insig te gee in die elemente van die woordeboekinskrywing, naamlik die gebruik van taal- en veldbepalers, geartikuleerde voorsetsels, m.a.w. preposizioni articolate (saamgestel uit voorsetsels en bepaalde lidwoorde), amptelike vertalings en addisionele beskrywings.

Biografie auteur

Mojca Kompara Lukančič, Faculty of Criminal Justice and Security and Faculty of Tourism, University of Maribor, Slovenia
Gepubliceerd
2021-08-02
Citeerhulp
Kompara Lukančič, M. (2021). Italian Dictionaries of Abbreviations and the Preparation of Entries of the Italian–Slovene Dictionary of Abbreviations. Lexikos, 31(1), 195-213. https://doi.org/10.5788/31-1-1642
Sectie
Artikels/Articles