Towards a Legal Dictionary Dutch–Limburgish: Preferences and Opportunities

  • Conrad J.P. van Laer
Trefwoorden: gespesialiseerde woordeboeke, vakwoordeboek, leksikografie, meertalige woordeboeke, tweetalige woordeboeke, ekwivalensie, kultuurafhanklike domeine, regstaal, Nederlands, streektaal, Limburgies

Samenvatting

Op weg na 'n regswoordeboek Nederlands–Limburgies: Voorkeure en geleenthede. Limburgies is 'n streektaal in die Limburg-streek wat meestal uit die Belgiese en Nederlandse provinsies van Limburg bestaan. In die bespreking word gefokus op die Nederlandse provinsie van Limburg waar Limburgies reeds 'n bietjie wetlike erkenning as taal ontvang het. Alhoewel die Limburgiese regsterminologie nie 'n funksionerende regstaal in enige regstelsel is nie, is dit wenslik om oor 'n Nederlands–Limburgiese regswoordeboek te beskik om die Nederlandse reg weer te gee.Spesiale strukture en data word benodig om toeganklike inhoud vir 'n Nederlands–Limburgiese regswoordeboek te versamel. Daar is egter geen konsep vir die skep van 'n tweetalige woordeboek vir 'n enkele jurisdiksie nie. Daarom word die opsies vir die ontwerp van die beplande  woordeboek eers in hierdie artikel beskou voordat moontlike bronne vir Nederlandse en Limburgiese data bespreek word.Ter afsluiting word daar gekyk na die onmiddellike uitdagings wat oorkom moet word voordat 'n bruikbare en volledige Nederlands–Limburgiese regswoordeboek saamgestel kan word.
Gepubliceerd
2021-06-01
Citeerhulp
van Laer, C. J. (2021). Towards a Legal Dictionary Dutch–Limburgish: Preferences and Opportunities. Lexikos, 31(1), 146-158. https://doi.org/10.5788/31-1-1633
Sectie
Artikels/Articles