Feminine Personal Nouns in the Polish Language. Derivational and Lexicographical Issues

  • Agnieszka Małocha-Krupa Institute of Polish Philology, Philological Faculty, University of Wroclaw, Poland
Trefwoorden: feminativum/vroulike persoonsname, woordvorming, leksikografie, taalkultuur, emansipasie van vroue, feminisasie, gendermorfologie, gender en taal, afleiding, pragmatiek

Samenvatting

Vroulike persoonsname in Pools. Afleidings- en leksikografiese kwessies. Hierdie artikel skenk aandag aan kwessies rondom die benoeming van vroue in Pools vanaf die tweede helfte van die 19de eeu tot vandag. Die sosio-kulturele geskiedenis van 'n groep Poolse vroulike persoonsname (waarna verwys word as feminitiewe of feminatiewe) wat vroue se sosiale en/of beroepsstatus aandui, word bespreek. Daar word aangevoer dat vroulike persoonsname direk afhanklik was van verskeie ideologieë: die emansipasie van vroue, Sosialistiese Realisme en feminisme. Ideologieë het die gebruik van feminatiewe deur middel van die intensivering of beperking van hul gebruik in die redevoering in 'n bepaalde periode beïnvloed, en die taalgebruikers se houding teenoor ideologieë het 'n uitwerking gehad op die manier waarop feminatiewe waargeneem word. Terwyl die rykheid van die repertoire van gendervoorbeelde in hedendaagse Pools bespreek word, word die moontlikheid van die insluiting van vroulike persoonsnaamvorme in algemene Poolse woordeboeke op 'n wetenskaplike en objektiewe manier ondersoek. 'n Soortgelyke idee is by die Wrocław Universiteit voorgestel waarna 'n groep vroulike leksikograwe die Słownik nazw żeńskich polszczyzny [Woordeboek van Poolse vroulike naamwoorde] saamgestel het. Sommige van die innoverende leksikografiese aannames (deskriptief, nie preskriptief nie, 'n diskoersgesentreerde metode) word in hierdie artikel bespreek. Die tekskorpus wat in die artikel voorgelê word, stel die leser in staat om die geskiedenis van vroulike persoonsname in Pools, m.a.w. hul verdwying en herverskyning in die taal, na te spoor.

Biografie auteur

Agnieszka Małocha-Krupa, Institute of Polish Philology, Philological Faculty, University of Wroclaw, Poland
Gepubliceerd
2021-06-01
Citeerhulp
Małocha-Krupa, A. (2021). Feminine Personal Nouns in the Polish Language. Derivational and Lexicographical Issues. Lexikos, 31(1), 101-118. https://doi.org/10.5788/31-1-1630
Sectie
Artikels/Articles