Dictionaries Integrated into English Learning Apps: Critical Comments and Suggestions for Improvement

  • Fang Huang Centre for Lexicographical Studies, Guangdong University of Foreign Studies, China
  • Sven Tarp Centre for Lexicographical Studies, Guangdong University of Foreign Studies, China; Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, South Africa; International Centre for Lexicography, Valladolid University, Spain; Centre of Excellence in Language Technology, Ordbogen A/S, Denmark, and Centre for Lexicography, Aarhus University, Denmark
Trefwoorden: era van mediakonvergensie, Engelse aanleerderstoepassings, geïntegreerde woordeboeke, ingebedde woordeboeke, leksikografiese databasisse, gebruikerskoppelvlakke, opwipvensters, konteksbewustheid, Xun Gu-tradisie, verpersoonliking, toevallige en doelbewust

Samenvatting

Woordeboeke getegreer in Engelse aanleerderstoepassings: Kritiese kommentaar en voorstelle ter verbetering.Digitale toepassings wat as hulpmiddels in die aanleer van taal gebruik word, word toenemend gewild. Kenmerkend van hierdie digitale toepassings is die inkorporering van een of twee woordeboeke om die diens wat gelewer word, te verbeter sodat gebruikers nie die toepassing hoef te verlaat om eksterne bronne te raadpleeg nie. In hierdie artikel word aandag geskenk aan die twee woordeboeke wat in 'n aanleerderstoepassing vir Chinese leerders van Engels gebruik word. Eers word 'n beskrywing gegee van die funksionering van sowel die toepassing as van die twee woordeboeke wat verskillende funksies in die toepassing vervul. Daarna word gefokus op die woordeboek wat in die kursushandleidings getegreer is en wat geaktiveer kan word deur op 'n woord of meerwoordige eenheid te klik. 'n Aantal leemtes soos die inkonsekwente hantering van woorde en begrippe, data-oorlading, moeilike toegang, en hinderlike posisie van die opwipvenster wat die leksikografiese items vertoon, word bespreek. Hierdie gebreke mag 'n negatiewe effek op die motivering van die aanleerders en die aanleerproses in die algemeen h Die probleme word teruggevoer na sowel die databasis wat die woordeboek steun as na die ontwerp van die gebruikerskoppelvlakke wat die data wat aan die gebruikers aangebied word, sif. Laastens, en gespireer deur die klassieke Chinese Xun Gu-tradisie, word 'n alternatiewe, konsep-aangepaste benadering wat afwyk van die tradisionele kenmerke van die woordeboekartikel en wat die inhoud van die opwipvenster tot 'n absolute minimum beperk, voorgestel. Sodoende word 'n konsultasieproses wat die aanleerders se leesvloei onderbreek, vermy en word daar gefokus op die aanleerproses.Sleutelwoorde: era van mediakonvergensie; Engelse aanleerderstoepassings; getegreerde woordeboeke; ingebedde woordeboeke; leksikografiese databasisse; gebruikerskoppelvlakke; opwipvensters; konteksbewustheid; Xun Gu-tradisie; verpersoonliking; toevallige en doelbewuste leer
Gepubliceerd
2021-05-03
Citeerhulp
Huang, F., & Tarp, S. (2021). Dictionaries Integrated into English Learning Apps: Critical Comments and Suggestions for Improvement. Lexikos, 31(1), 68-92. https://doi.org/10.5788/31-1-1626
Sectie
Artikels/Articles