Literary Quotations in Bilingual Dictionaries: A Case Study of a Nineteenth-century Dutch–Chinese Dictionary

  • Audrey Heijns School of Foreign Languages, Shenzhen University, Guangdong, China
Trefwoorden: literêre aanhalings, tweetalige woordeboeke, Nederlands, Chinees, negentiende eeu, leksikografiese praktyk, rol van die samesteller

Samenvatting

Literêre aanhalings in tweetalige woordeboeke: 'n Gevalle­studie van 'n negentiende-eeuse Nederlands–Chinese woordeboek.Die voor­koms van literêre aanhalings in woordeboeke dateer uit die dae toe die soeke na ekwivalente eerder op inter­teks as op intertaal gebaseer is. Vir beide eentalige en tweetalige woordeboeke was die doel van literêre aanhalings om bewys van gebruik te lewer en om die betekenis van die toepas­like tref­woord uit te lig, met dié verskil dat dit by tweetalige woordeboeke via vertaling geskied het. In hier­die artikel word dié verskynsel in 'n negentiende-eeuse Nederlands-Chinese woordeboek onder­soek deur die analisering van voorbeeldsinne wat die samesteller uit oorspronklike Chinese tekste onttrek het. In die bespreking van voorbeelde uit verskillende tekstipes sal die funksie van die aanhalings en die bedoeling van die samesteller deeglik ondersoek word. Dit wil voorkom of die insluiting van die aanhalings in die woordeboek die resultaat van beide taalkundige en kultu­rele doelwitte is aan­gesien sowel die sintaksis van Chinees as aspekte van die Chinese kultuur weer­spieël word. Hier­die bevindings sal bydra tot 'n beter begrip van die praktyk van insluiting van literêre aanha­lings in tweetalige woordeboeke en van die samesteller se rol in die bekend­stel­ling van vreemde kul­tu­rele aspekte.
Gepubliceerd
2021-05-03
Citeerhulp
Heijns, A. (2021). Literary Quotations in Bilingual Dictionaries: A Case Study of a Nineteenth-century Dutch–Chinese Dictionary. Lexikos, 31(1), 51-67. https://doi.org/10.5788/31-1-1625
Sectie
Artikels/Articles