Construal of Mental Health Problems in English Learners' Dictionaries

  • Arleta Adamska-Sałaciak Faculty of English, Adam Mickiewicz University, Poznan, Poland
Trefwoorden: konstruering, kognitiewe linguistiek, geestesgesondheid, eentalige Engelse aanleerderswoordeboeke, definisies, voorbeelde

Samenvatting

Die konstruering van geestesgesondheidsprobleme in Engelse aanleerderswoordeboeke.Die doel van hierdie studie is om te bepaal hoe goed eentalige aanleerderswoordeboeke die sensitiewe veld van geestesongesteldheid hanteer. In die lig van die hoë voorkoms van geestesgesondheidsprobleme onder jongmense, op wie aanleerderswoordeboeke primêr gerig is, verdien hierdie onderwerp aandag. Om 'n oorsig van hierdie situasie te verkry, is twaalf name van algemene geestesgesondheidskwessies in ses Engelse aanleerderswoordeboeke (vyf Brits en een Amerikaans) nageslaan. Die analise het gefokus op die keuse van verwante woorde, die inligtingswaarde van die definisies en voorbeelde, en die potensiële impak wat beide op die sensitiwiteite van woordeboekgebruikers kan hê. Om inhoudelike verskille wat soms voorkom, op te los, is spesialis- mediese bronne geraadpleeg. Die hantering is oorwegend kognitief taalkundig van aard, met die begrip van konstruering — met spesifiek die sleutelkomponent van fokusaanpassing — wat as die belangrikste deskriptiewe hulpmiddel dien.
Gepubliceerd
2021-05-03
Citeerhulp
Adamska-Sałaciak, A. (2021). Construal of Mental Health Problems in English Learners’ Dictionaries. Lexikos, 31(1), 1-19. https://doi.org/10.5788/31-1-1622
Sectie
Artikels/Articles