Reflections on the Making of the <i>Grand dictionnaire chinois–français contemporain</i>

  • Jianhua Huang Centre for Linguistics and Applied Linguistics, Guangdong University of Foreign Studies, Guangzhou, China
  • Hai Xu Centre for Linguistics and Applied Linguistics, Guangdong University of Foreign Studies, Guangzhou, China
Trefwoorden: Chinees–Franse woordeboek, tweerigting-, ontwerpkenmerke, gebruikersbehoeftes

Samenvatting

Gedagtes oor die samestelling van die Grand dictionnaire chinois–français contemporain. Hierdie artikel bespreek hoe die Grand dictionnaire chinois–français contemporain (GDCFC, 2014), een van die grootste Chinees–Franse woordeboeke, ontwerp en saamgestel is. Weens die beperkte hulpbronne in die taalpaar Chinees en Frans, is die GDCFC as 'n tweerigting- tweetalige woordeboek ontwerp. Om te voorsien in die behoeftes van Chineessprekende aanleerders van Frans, die hoofgebruikersgroep, het die GDCFC die lemmalys, sowel as die inligting oor Franse ekwivalente in terme van hul frekwensie, grammatika en register, uitgebrei. Om aan te pas by die behoeftes van Franssprekende aanleerders van Chinees, die sekondêre groep, het die GDCFC sommige trefwoorde wat geklassifiseer kan word as streeksvariante van Chinees ingesluit, en ook nuttige inligting oor die formulisme en plooibaarheid van Chinese karakters (in die besonder klassifiseerders), verskaf. Sommige ander kenmerke soos die aanduiding van woordsoort en ekwivalente in konteks, en die daarstelling van 'n semantiese netwerk van terminologie, is ontwerp om albei gebruikersgroepe daarby te laat baat vind. Die samestelling van hierdie woordeboek het ook implikasies vir die samestelling van ander hulpbronbeperkte tweetalige woordeboeke.
Gepubliceerd
2019-11-29
Citeerhulp
Huang, J., & Xu, H. (2019). Reflections on the Making of the <i>Grand dictionnaire chinois–français contemporain</i&gt;. Lexikos, 29(1). https://doi.org/10.5788/29-1-1524
Sectie
Lexikonotas/Lexiconotes