Monitoring Academic Studies of Turkish Lexicography: A Bibliometric Study of 84 Years

  • Ferdi Bozkurt Turkish Language and Literature Department, Open Education Faculty, Anadolu University, Eskişehir, Turkey
Trefwoorden: Turkse leksikografie, leksikografiese tekste, boeke, meestersproefskrifte, doktorale verhandelings, resensies, nuus, navorsingstendense, bibliometrie, sitate, wetenskaplike impak

Samenvatting

Monitering van akademiese studies oor die Turkse leksikografie: 'n Bibliometriese studie van 84 jaar. Die doel van hierdie artikel is om verslag te doen oor die hooftendense in die navorsingstekste geskryf in Turks op die gebied van die Turkse leksikografie. Hierdie verslag sal ook die geleentheid bied om die hooftendense in die Turkse leksikografie en die areas wat ontwikkeling benodig, te bespreek. Dié navorsing is 'n beskrywende navorsings- en literatuurverslag wat beperk is tot die tekste wat in Turks oor die Turkse linguistiek gedurende die jare 1932–2016 verskyn het. Die Turkse Akademiese Netwerk- en Inligtingsentrum (ULAKBİM), Google Scholar, die Turkse Raad van Hoër Onderwys se Tesissentrum, die Turkse Nasionale Gesamentlike Katalogus, die Nasionale Biblioteek van Turkye, EBSCOhost, ProQuest Dissertations & Theses Global se databasisse en 68 akademiese joernale wat in die Turkse linguistiek gepubliseer word, is vir hierdie studie deursoek. Die databasis bevat 1001 tekste. Bevindings rakende hierdie tekste dui daarop dat studies in die leksikografie in die afgelope jare toegeneem het. Bowenal toon die bevindings dat daar 'n gebrek aan sommige tekssoorte is.
Gepubliceerd
2019-11-29
Citeerhulp
Bozkurt, F. (2019). Monitoring Academic Studies of Turkish Lexicography: A Bibliometric Study of 84 Years. Lexikos, 29(1). https://doi.org/10.5788/29-1-1522
Sectie
Projekte/Projects