Focus on the User: Front Matter in Slovenian Dictionaries

  • Marjeta Vrbinc Department of English, Faculty of Arts, University of Ljubljana, Ljubljana, Slovenia
  • Alenka Vrbinc Faculty of Economics, University of Ljubljana, Ljubljana, Slovenia
Trefwoorden: voortekste, gebruikersgids, grafiese voorstelling van inskrywings, verstaanbaarheid, bruikbaarheid, voorbeelde, linguistiese terme, sintaksis

Samenvatting

Fokus op die gebruiker: Voortekste in Sloweense woordeboeke. Hierdie artikel fokus op die voortekste van drie Sloweense eentalige woordeboeke: Woordeboek van Standaardsloweens, Woordeboek van Sloweense Sinonieme en Woordeboek van Regsterminologie. Twee en dertig MA-studente van Engels aan die Universiteit van Ljubljana is gevra om die voortekste te lees en kommentaar te lewer op die verstaanbaarheid van die teks, die bruikbaarheid van die teks vanuit die perspektief van die teikengebruikers, die taal wat in die teks gebruik word, die voorbeelde wat verskaf word om die teoretiese toeligting te illustreer en die lengte van die teks as geheel. Volgens die meerderheid studente word daar in die voortekste van al drie woordeboeke terminologie gebruik wat net aan taalkundiges bekend is. Hulle lewer ook dikwels kommentaar op die lengte en kompleksiteit van sinne, inligtingoorlading en die indirekte insluiting van voorbeelde wat die teorie illustreer. Buiten die kritiek wat hulle op die tekste lewer, dui hulle ook aan waarvan hulle hou (die voortekste in al drie woordeboeke is goed gestruktureer aangesien hulle verdeel is in afdelings en onderafdelings, wat sodoende maklike toegang tot relevante inligting binne die teks moontlik maak) en maak hulle voorstelle vir die verbetering van die tekste (herorganisering van verskeie onderafdelings, die gebruik van Sloweense terme in plaas van ontlenings, die gebruik van parafrases in plaas van terme, korter sinne en eenvoudiger sintaksis).
Gepubliceerd
2019-11-29
Citeerhulp
Vrbinc, M., & Vrbinc, A. (2019). Focus on the User: Front Matter in Slovenian Dictionaries. Lexikos, 29(1). https://doi.org/10.5788/29-1-1521
Sectie
Artikels/Articles