Connecting the Dots: Tradition and Disruption in Lexicography

  • Sven Tarp Centre of Excellence in Language Technology, Ordbogen A/S, Odense, Denmark; Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, South Africa; International Centre for Lexicography, University of Valladolid, Spain; and Centre for Lexicography, Aarhus University, Denmark
Trefwoorden: vierde industriële revolusie, ontwrigtende innovasie, kunsmatige intelligensie, sakemodel, skryfhulpmiddels, artikelstruktuur, gebruikersnavorsing, toetsgedrewe ontwikkeling, menslike leksikograaf, kunsmatige leksikograaf

Samenvatting

Die lê van verbande: Tradisie en ontwrigting in die leksikografie. In hierdie artikel word die geskiedenis van die leksikografie geanaliseer in 'n poging om verbande te lê en om 'n beter begrip te verkry van wat aan die gebeur is met hierdie dissipline binne die raamwerk van die Vierde Industriële Rewolusie. Die doelwit is die voorstelling van moontlike metodes om van die bestaande dooiepunt te ontkom. Uit die geskiedenis is dit duidelik dat 'n skielike verandering van die tegnologiese basis, soos die verandering wat ons nou ervaar, 'n totale omwenteling van die dissipline in al sy hoofdimensies suggereer. Om suksesvol te kan wees, vereis so 'n omwenteling 'n breuk met tradisies en gewoontes van die verlede. As voorbeeld fokus die artikel op 'n reeks tweetalige skryfhulpmiddels wat deur die Deense maatskappy Ordbogen A/S ontwikkel is en op die nuwe uitdagings wat hierdie en soortgelyke hulpmiddels vir die leksikografie inhou. Dit voer aan dat hierdie uitdagings nie deur middel van tradisionele gebruikersnavorsing wat op 'n retrospektiewe manier binne die raamwerk van 'n ou paradigma ontvou, opgelos kan word nie. As alternatief, en sonder om ander tipes navorsing uit te sluit, word ontwrigtende denke in hierdie artikel aanbeveel deur te dinkskrum, jou te verdiep en te bespiegel, en enkele voorbeelde van hoe om te werk te gaan, word verskaf. Ten slotte word die aanvanklike wedywering tussen menslike en kunsmatige leksikograwe uiteengesit en 'n kort verslag van 'n moontlike toekomstige herverdeling van take word gegee.
Gepubliceerd
2019-11-29
Citeerhulp
Tarp, S. (2019). Connecting the Dots: Tradition and Disruption in Lexicography. Lexikos, 29(1). https://doi.org/10.5788/29-1-1519
Sectie
Artikels/Articles