African Language Dictionaries for Children — A Neglected Genre

  • Elsabé Taljard Department of African Languages, University of Pretoria, Pretoria, South Africa
  • Danie Prinsloo Department of African Languages, University of Pretoria, Pretoria, South Africa
Trefwoorden: kinderwoordeboeke, Afrikataalwoordeboeke, gebruikersperspektief, teorie van leksikografiese kommunikasie, Afrosentriese benadering tot woordeboekkompilasie, gebruiker se verwysingsraamwerk

Samenvatting

Afrikataalwoordeboeke vir kinders — 'n miskende genre. Kinderwoordeboeke speel 'n belangrike rol in die vestiging van 'n woordeboekkultuur en gee toegang tot volgehoue en kundige woordeboekgebruik. Dis is daarom vreemd dat daar min aandag gegee word aan hierdie tipe woordeboeke in akademiese navorsing. In hierdie artikel besin ons oor die ontwerp van twee woordeboekreekse en 'n vrystaande woordeboek, wat almal oënskynlik gemik is op beginnergebruikers van woordeboeke. Ons kyk spesifiek na die belyning van die ontwerpaspekte van die woordeboeke met die gebruikers se leksikografiese behoeftes. Ons dui aan dat die konseptualisering van kinderwoordeboeke vir sprekers van Afrikatale op grondvlak behoort te begin, en dat 'n Afrosentriese benadering verkieslik is bo 'n Eurosentriese benadering. Laasgenoemde benadering lei dikwels tot 'n mispassing tussen konseptuele verhoudings, en linguistiese vorm en funksie in Afrikataalwoordeboeke.
Gepubliceerd
2019-11-29
Citeerhulp
Taljard, E., & Prinsloo, D. (2019). African Language Dictionaries for Children — A Neglected Genre. Lexikos, 29(1). https://doi.org/10.5788/29-1-1518
Sectie
Artikels/Articles