New-line and Run-on Guiding Devices in Print Monolingual Dictionaries for Learners of English

  • Bartosz Ptasznik University of Warmia and Mazury, Olsztyn, Poland
  • Robert Lew Faculty of English, Department of Lexicography and Lexicology, Adam Mickiewicz University, Poznan, Poland
Trefwoorden: woordeboek, woordeboekkonsultasie, woordeboektoegang, leksikografie, gebruiksleidingsinstrumente, aanwysers, aanwysing, eentalige woordeboeke, aanleerderswoordeboeke, Engels, Poolse leerders

Samenvatting

Nuwereël- en deurloop-hulpmiddels vir gebruiksleiding in gedrukte eentalige woordeboeke vir Engelse leerders. In hierdie artikel word gefokus op gebruiksleidingsinstrumente in gedrukte eentalige woordeboeke vir Engelse leerders. Dit het die beantwoording van ses navorsingsvrae ten doel. Die hoofdoel daarvan is om te ondersoek hoe die plasing van gebruiksleidingsinstrumente in inskrywings — beginnende by 'n nuwe reël versus deurloop — die woordeboekgebruiker se konsultasietyd en akkuraatheid van betekenisseleksie in inskrywingsnavigasie beïnvloed. Daarbenenewens word daar ook in hierdie artikel gekyk na die effek wat woordsoort (selfstandige naamwoord- versus werkwoordinskrywings) op die konsultasietyd en akkuraatheid van betekenisseleksie het. Vervolgens word die verband tussen die lengte van die inskrywing en die konsultasietyd ondersoek, asook die verband tussen konsultasietyd en akkuraatheid van betekenisseleksie.
Gepubliceerd
2019-11-29
Citeerhulp
Ptasznik, B., & Lew, R. (2019). New-line and Run-on Guiding Devices in Print Monolingual Dictionaries for Learners of English. Lexikos, 29(1). https://doi.org/10.5788/29-1-1517
Sectie
Artikels/Articles