Exploring the Properties of English Lexical Affixes by Exploiting the Resources of English General-Purpose Dictionaries

  • Tvrtko Prćić Department of English, Faculty of Philosophy, University of Novi Sad, Serbia
Trefwoorden: leksikale affikse, noodsaaklike eienskappe, relasionele eienskappe, woordeboeke vir algemene doeleindes, basiese deduktiewe woordeboek, heuristies, selfstudie, Engels

Samenvatting

Die verkenning van die eienskappe van Engelse leksikale affikse deur die benutting van die hulpbronne in Engelse woordeboeke vir algemene doeleindes.In hierdie artikel word 'n nuwe model, gegrond op die ontginning van Engelse woordeboeke vir algemene doeleindes as hulpbronne, vir die verkenning van die eienskappe van Engelse leksikale affikse voorgestel. Hoofsaaklik ontwikkel vir EVT-universiteitstudente en gemotiveer deur die hoogs inkonsekwente hantering van affikse in hierdie woordeboeke, word die model saamgestel rondom 'n heuristiese selfstudiemetode en die gepaardgaande basiese deduktiewe woordeboek (Engels BBID), wat doelmatig ontwerp, geproduseer en versprei word as 'n gids vir studenteverkenning. Die model is ontwerp om studente weg te stuur van affiksinskrywings in woordeboeke vir algemene doeleindes na woordinskrywings wat spesifieke affikse bevat en om studente te lei na die ontdekking van die eienskappe van doelaffikse deur ooreenstemmende bronwoorde wat in die BBID verskaf word, te analiseer. Die uiteensetting word verdeel in vier dele: Afdeling 1 bevat inleidende, beskrywende opmerkings; in afdeling 2 word noodsaaklike en relasionele eienskappe van affikse weergegee; in afdeling 3 word die vyf hoofaspekte van die nuwe model uiteengesit en toegelig: pragmatiese motiewe, hoofdoelwitte, onderliggende beginsels, onderrigmateriaal en werklike funksionering; laastens bied afdeling 4 'n opsomming en 'n kritiese beoordeling van die model en sy BBID aan, met terselfdertyd 'n kykie na die toekoms.
Gepubliceerd
2019-11-29
Citeerhulp
Prćić, T. (2019). Exploring the Properties of English Lexical Affixes by Exploiting the Resources of English General-Purpose Dictionaries. Lexikos, 29(1). https://doi.org/10.5788/29-1-1516
Sectie
Artikels/Articles