The Lexicographic and Lexicological Aspects of a Web-Based Chrestomathy of Gothic and Anglo-Saxon Written Records

  • Tinatin Margalitadze Lexicographic Centre, Ivane Javakhishvili Tbilisi State University, Tbilisi, Georgia
  • George Meladze Lexicographic Centre, Ivane Javakhishvili Tbilisi State University, Tbilisi, Georgia
Trefwoorden: digitale geesteswetenskappe, Goties, Angel-Saksies, vergelykende linguistiek, sinchronie en diachronie, semantiese ewivalensie

Samenvatting

Die leksikografiese en leksikologiese aspekte van 'n webgebaseerde chrestomatie van Gotiese en Angel-Saksiese geskrewe rekords.Daar is 'n algemene tekort aan webgebaseerde hulpmiddels vir morfologies komplekse dooie/antieke tale. Selfs met behulp van woordeboeke is dit redelik uitdagend om tekste in hierdie tale te lees. Dit is moeilik om die lemma van 'n woordvorm wat in die tekste voorkom, te identifiseer sodat dit in 'n woordeboek nageslaan kan word. Die behoefte aan addisionele grammatikale inligting van 'n woord (tipes verbuiging, vervoeging, ens.) skep weer 'n ander probleem.Die Leksikografiese Sentrum by Ivanè Javakhishvili Tbilisi Staatsuniversiteit (TSU) het begin met die skep van 'n volledig gedigitaliseerde, webgebaseerde chrestomatie of studiehulp van Gotiese en Angel-Saksiese tekste met woordeboeke en grammatikale paradigmas daarin geïntegreer, wat die studie van hierdie taalkundig belangrike tale sal vergemaklik. Elke woord van die digitale weergawes van Gotiese en Angel-Saksiese tekste is deur hiperskakels verbind met die ooreenstemmende trefwoorde in die woordeboek. Buiten die betekenis van die woord verskaf die woordeboekinskrywing self via 'n ander hiperskakel al die noodsaaklike inligting rakende die morfologiese klas en verbuigingspatrone van die tersaaklike woord.Hierdie artikel beskryf die struktuur van die chrestomatie en die modus operandi daarvan; analiseer die woordeboekkomponent van die aanlynbron en sommige leksikografiese oplossings; bespreek leksikologiese en tegniese aspekte rakende die aanlynbronne, ens.Die metode wat toegepas word in die chrestomatie kan suksesvol aangewend word in die ontwikkeling van soortgelyke bronne vir lewende, morfologies komplekse tale, wat gekenmerk word deur talle verbuigings- en suppletiewe vorme, soos Hongaars, Turks, Russies, Duits en nog vele ander.
Gepubliceerd
2019-11-29
Citeerhulp
Margalitadze, T., & Meladze, G. (2019). The Lexicographic and Lexicological Aspects of a Web-Based Chrestomathy of Gothic and Anglo-Saxon Written Records. Lexikos, 29(1). https://doi.org/10.5788/29-1-1513
Sectie
Artikels/Articles