Which Learning Tools Accompanying the Paid Online Version of <i>LDOCE</i> Do Advanced Learners of English Find Useful?

  • Bartosz Ptasznik University of Warmia and Mazury, Olsztyn, Poland
  • Robert Lew Faculty of English, Department of Lexicography and Lexicology, Adam Mickiewicz University, Poznan, Poland
Trefwoorden: Longman Dictionary of Contemporary English, aanlyn woordeboeke, vraelyste, aanleerderswoordeboeke

Samenvatting

Watter leerhulpmiddels in die betaalde aanlyn weergawe van die Longman Dictionary of Contemporary English vind gevorderde leerders van Engels nuttig? Die doel van hierdie artikel is tweërlei: om (1) kortliks die leerhulpmiddels van die Longman Dictionary of Contemporary English (LDOCE6) wat tot die beskikking van Engelse leerders in die betaalde aanlyn weergawe van die woordeboek (sesde uitgawe) is, te beskryf; en om (2) die resultate wat verkry is uit die vraelys wat aan 114 studente van Engels aan die Universiteit van Warmia en Mazury in Olsztyn voorgelê is, weer te gee. Die deelnemers het 'n vraelys waarin hulle gevra is om die bruikbaarheid van die leerhulpmiddels van die betaalde aanlyn weergawe van LDOCE6 te beoordeel, voltooi. Die eerste afdeling van hierdie artikel stel die leser bekend aan die vyf belangrikste Britse eentalige aanleerderswoordeboeke wat tans beskikbaar is en ook aan die mees prominente kenmerke van LDOCE. Die tweede afdeling is 'n beskrywing van die leerhulpmiddels wat tot die beskikking van die Engelse leerders in die betaalde aanlyn weergawe van LDOCE6 is. In die volgende afdeling word verder uitgebrei oor die vroegste vraelysstudies wat uitgevoer is in die woordeboekgebruiksveld en 'n paar van die problematiese aspekte rondom hierdie navorsingsmetode word bespreek. Ten slotte word die resultate van die vraelys weergegee met 'n kort bespreking daarvan.
Gepubliceerd
2018-12-17
Citeerhulp
Ptasznik, B., & Lew, R. (2018). Which Learning Tools Accompanying the Paid Online Version of <i>LDOCE</i&gt; Do Advanced Learners of English Find Useful?. Lexikos, 28(1). https://doi.org/10.5788/28-1-1474
Sectie
Leksiko-opname / Lexicosurvey