Corpus-Based Research on Terminology of Turkish Lexicography(CBRT-TURKLEX)

  • Erdoğan Boz Center for Lexicography, Turkish Language and Literature Department, Eskişehir Osmangazi University, Eskişehir, Turkey
  • Ferdi Bozkurt Turkish Language Department, Anadolu University, Eskişehir, Turkey
  • Fatih Doğru Turkish Language and Literature Department, Eskişehir Osmangazi University, Eskişehir, Turkey
Trefwoorden: Turkse leksikografie, terminologie, korpuslinguistiek, woordeboek, dataversameling, databasis, termonttrekking

Samenvatting

Korpus-gebaseerde navorsing op terminologie van die Turkse leksikografie (CBRT-TURKLEX).In hierdie artikel word 'n lopende leksikografiese projek bekend gestel. Die Sentrum vir Leksikografie, afgekort tot SÖZMER, is onder die vaandel van die Eskisehir Osmangazi Universiteit tot stand gebring om leksikografiese projekte te ondersteun. SÖZMER het besluit om 'n korpus-gebaseerde Turkse leksikografieprojek te inisieer. Hierdie projek sal die eerste fase vorm van die strewe wat die skep van 'n gespesialiseerde woordeboek vir Turkse leksikografie ten doel het. Die primêre oogmerk van die projek is om 'n elektroniese korpus vir navorsers van die Turkse leksikografie voor te berei. Die sekondêre oogmerk van die projek is om 'n woordelys van Turkse leksikografiese terme te verkry. In hierdie artikel word 'n beskrywing gegee van die proses van dataversameling en die metodologie wat gebruik word vir die bou van 'n gespesialiseerde korpus. 'n Oorsig word gegee van die projekagtergrond, behoeftes, probleme, en die fases van korpusbou.
Gepubliceerd
2018-12-17
Citeerhulp
Boz, E., Bozkurt, F., & Doğru, F. (2018). Corpus-Based Research on Terminology of Turkish Lexicography(CBRT-TURKLEX). Lexikos, 28(1). https://doi.org/10.5788/28-1-1472
Sectie
Projekte/Projects