Enhancing the Learnability of Chinese–English Dictionaries for Chinese as a Foreign Language Learners: The Neglected Legacy of Robert Morrison in His Compilation of <i>Wuche Yunfu</i> (1819)

  • Ying Ye Bilingual Dictionary Research Centre, School of Foreign Studies, Nanjing University; School of Foreign Languages, Nanjing University of Chinese Medicine, Jiangsu, China
  • Xiangqing Wei Bilingual Dictionary Research Centre, School of Foreign Studies, Nanjing University, Jiangsu, China
  • Wenlong Sun Bilingual Dictionary Research Centre, School of Foreign Studies, Nanjing University, Jiangsu, China
Trefwoorden: leerbaarheid, aanleerdersleksikografie, leerders van Chinees as Vreemde Taal, Wuche Yunfu, Chinees–Engelse woordeboeke, tweetalige woordeboeke, leksikografiese praktyk, leksikografiese konsep, werkslading, aanleerdersbehoeftes

Samenvatting

Verhoging van die leerbaarheid van Chinees–Engelse woordeboeke vir aanleerders van Chinees as vreemde taal: Die vergete nalatenskap van Robert Morrison in sy samestelling van Wuche Yunfu (1819). In vorige studies van aanleerderleksikografie is ontwerpkenmerke van beide die inhoud en aanbieding van aanleerderswoordeboeke die twee belangrikste navorsingsaspekte. Die kwaliteitsbepaling van aanleerderswoordeboeke dek ook hierdie twee dimensies. Terme wat gebruik word vir hul evaluering is onderskeidelik "bruikbaarheid" of "beskikbaarheid" vir eersgenoemde en "vindbaarheid" of "toeganklikheid" vir laasgenoemde. Die leksikografiese begrip "leerbeerheid", wat die gebruikers se verwysings- en aanleerdersbehoeftes in ag neem, bly egter eintlik teoreties en prakties onontgin. Vergeleke met die kenmerke van woordeboekontwerp waarna hierbo verwys is, behoort "leerbaarheid" as die ontwerpfilosofie van aanleerdersleksikografie ernstiger oorweeg te word. In hierdie artikel word gepoog om die leksikografiese konsep van "leerbaarheid" te ondersoek met behulp van die vergete nalatenskap van Robert Morrison in sy samestelling van Wuche Yunfu (五车韵府) (1819), wat gekenmerk word deur 'n hoë mate van leerbaarheid soos geïllustreer in die woordeboekinskrywings. Morrison se baanbrekerswerk kan van hulp wees met die konseptuele verheldering van "leerbaarheid" in die samestelling van aanleerderswoordeboeke, veral tweetalige aanleerderswoordeboeke. Bowenal word daar gehoop dat die erkenning van Morrison se leksikografiese praktyk tot voordeel van die toekomstige produksie van beter Chinees–Engelse woordeboeke vir nie-moedertaal Chinese aanleerders sal wees.
Gepubliceerd
2018-12-17
Citeerhulp
Ye, Y., Wei, X., & Sun, W. (2018). Enhancing the Learnability of Chinese–English Dictionaries for Chinese as a Foreign Language Learners: The Neglected Legacy of Robert Morrison in His Compilation of <i>Wuche Yunfu</i&gt; (1819). Lexikos, 28(1). https://doi.org/10.5788/28-1-1471
Sectie
Artikels/Articles