Towards Chinese Learner's Dictionaries for Foreigners Living in China: Some Problems Related to Lemma Selection
Trefwoorden:
Chinese aanleerderswoordeboeke, lemmaseleksie, sosiale kontekste, korpusfrekwensie, konteksrelevansie
Samenvatting
Op weg na Chinese aanleerderswoordeboeke vir buitelanders wat in China woon: Enkele probleme verwant aan lemmaseleksie. Gedurende die afgelope dekades het verskeie woordeboeke vir vreemdetaalleerders van Chinees verskyn. Buiten een prentewoordeboek wat byna heeltemal in die akademiese literatuur geïgnoreer is, het geeneen van hierdie woordeboeke die spesiale behoeftes wat buitelanders wat in China woon en Chinees aanleer, mag hê, in ag geneem nie. In hierdie artikel word hierdie behoeftes, met spesiale fokus op lemmaseleksie, bespreek. Ons argumenteer dat buitelanders wat in China woon, addisionele woorde benodig wat tipies voorkom in sosiale kontekste waarin hulle hulself dikwels bevind, ongeag of hierdie woorde 'n hoë korpusfrekwensie het of nie. As oplossing hiervoor beveel ons 'n stel seleksiekriteria aan wat korpusfrekwensie en konteksrelevansie kombineer. Laastens bespreek ons hoe loglêers wat gebruikersgedrag weerspieël, as 'n nuwe en baie betroubare empiriese bron vir lemmaseleksie vir 'n aanlyn Chinese aanleerderswoordeboek gebruik kan word.
Gepubliceerd
2018-12-17
Citeerhulp
Xue, M., & Tarp, S. (2018). Towards Chinese Learner’s Dictionaries for Foreigners Living in China: Some Problems Related to Lemma Selection. Lexikos, 28(1). https://doi.org/10.5788/28-1-1470
Nummer
Sectie
Artikels/Articles
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.