Objectivity, Prescription, Harmlessness, and Drudgery: Reflections of Lexicographers in Slovenia

  • Alenka Vrbinc Faculty of Economics, University of Ljubljana, Ljubljana, Slovenia
  • Donna M.T.Cr. Farina Department of Multicultural Education, New Jersey City University, New Jersey, USA
  • Marjeta Vrbinc Department of English, Faculty of Arts, University of Ljubljana, Ljubljana, Slovenia
Trefwoorden: onskadelike werkesel, sleurwerk, skade, onskadelikheid, onderhoud, leksikograaf, leksikografiese filosofie, leksikografiese beginsels, eentonigheid, herhaling, verveling

Samenvatting

Objektiwiteit, voorskriftelikheid, onskadelikheid en sleurwerk: Beskouings van leksikograwe in Slowenië. In hierdie bydrae word verslag gedoen oor 'n studie waarin gepoog is om so 'n volledig moontlike beskrywing te gee van die konteks en inhoud van die moderne Sloweense leksikografie. Ons het probeer om die filosofiese boustene, die noemenswaardigste prestasies, en die belangrikse Sloweense woordeboekprojekte soos voorgehou deur ons sewe respondente, wat almal prominente lede van die leksikografiese gemeenskap is, weer te gee. Ons het vakkundiges gekies wat aan sinchroniese onderwerpe werk en meer op die standaardtaal en -terminologie konsentreer as op dialektiese variasie en ander leksikografiese onderwerpe, wat van meer belang is vir die vakkundige as vir die opgevoede leek. Die onderhoud het bestaan uit dertien narratiewe vrae, wat ontwerp is om die respondente toe te laat om so volledig moontlik weer te gee wat hul daaglikse praktyke is sowel as wat hul onderliggende visie van die leksikografie en terminografie is. Hierdie artikel bespreek die ontwikkeling en invloede van Sloweense leksikografiese teorie en gee deel 1 van die resultate van hierdie studie weer: die beskouings van die praktiserende leksikograwe oor of hulle hul leksikografiese werk as sleurwerk ervaar en wat hulle as die wesensaard van hul rol in die gemeenskap beskou — hoe die woordeboekmaker 'n goeie mag kan wees en enige potensiële skade kan vermy.
Gepubliceerd
2018-12-17
Citeerhulp
Vrbinc, A., Farina, D. M., & Vrbinc, M. (2018). Objectivity, Prescription, Harmlessness, and Drudgery: Reflections of Lexicographers in Slovenia. Lexikos, 28(1). https://doi.org/10.5788/28-1-1469
Sectie
Artikels/Articles