Polish Americans in the History of Bilingual Lexicography: The State of the Art

  • Mirosława Podhajecka Institute of English, University of Opole, Poland
Trefwoorden: geskiedenis, tweetalige leksikografie, tweetalige woordeboek, Poolse Amerikaners, brontaal (BT), doeltaal (DT), ekwivalent, leksikograaf, tradisie

Samenvatting

Poolse Amerikaners in die geskiedenis van tweetalige leksikografie: Die jongste stand.In hierdie artikel word woordeboeke wat saamgestel is deur Poolse Amerikaners gemeet aan die ontwikkeling van die Pools–Engelse en Engels–Poolse leksikografiese tradisie. Van die nege en twintig eenrigting- en tweerigtingglossariums en -woordeboeke wat tussen 1788 en 1947 gepubliseer is, kan vier as mylpale beskou word: Dié van Erazm Rykaczewski (1849–1851), Władysław Kierst en Oskar Callier (1895), Władysław Kierst (1926–1928), en Jan Stanisławski (1929). Dit is nie verbasend nie dat hulle wyd in Engelssprekende lande, veral in die Verenigde State van Amerika, ter wille van die Poolssprekende immigrante herpubliseer is. Daar kan dus gewonder word of daar enige dringende behoefte aan nuwe woordeboeke was. Indien daar aangeneem word dat aanbod op aanvraag volg, moes daar wel so 'n behoefte gewees het, aangesien agt Pools–Engelse en Engels–Poolse woordeboeke teen die middel van die twintigste eeu deur Poolse Amerikaners saamgestel is. Die min aandag wat al aan hierdie onderwerp geskenk is, dui daarop dat 'n chronologiese benadering tot hierdie woordeboeke geskik is, eerstens om die woordeboeke te herontdek, tweedens om hul onderlinge verwantskappe te bepaal, en laastens om hul waarde vir die tweetalige woordeboekmark te evalueer.
Gepubliceerd
2018-12-17
Citeerhulp
Podhajecka, M. (2018). Polish Americans in the History of Bilingual Lexicography: The State of the Art. Lexikos, 28(1). https://doi.org/10.5788/28-1-1467
Sectie
Artikels/Articles