Correct Hypotheses and Careful Reading Are Essential: Results of an Observational Study on Learners Using Online Language Resources

  • Carolin Müller-Spitzer Institut für Deutsche Sprache, Germany
  • Martina Nied Curcio Università degli Studi Roma Tre, Italy
  • María José Domínguez Vázquez Universidade de Santiago de Compostela, Spain
  • Idalete Maria Silva Dias Universidade do Minho Braga, Portugal
  • Sascha Wolfer Institut für Deutsche Sprache, Germany
Trefwoorden: woordeboekgebruik, waarnemingstudie, taal(aan)leerders, aanlyn hulpbronne, soekstrategieë, aanlyn woordeboeke, outomatiese vertalers

Samenvatting

Akkurate hipoteses en noukeurige lees is noodsaaklik: Resultate van 'n waarnemingstudie uitgevoer op leerders wat aanlyn taalhulpbronne gebruik.In die afgelope twee dekades is al hoe meer woordeboekgebruikstudies gepubliseer, maar die meeste van hierdie studies handel oor vraagstukke wat verband hou met wat gebruikers van woordeboeke waardevol vind, watter woordeboeke hulle gebruik en watter tipe inligting hulle in spesifieke situasies benodig — met die voorveronderstelling dat gebruikers inderdaad leksikografiese hulpbronne raadpleeg. Taalonderwysers en dosente in die linguistiek kry dikwels die indruk dat studente nie genoeg hoëkwaliteitwoordeboeke in hul daaglikse werk gebruik nie. Met hierdie siening in gedagte het ons 'n internasionale samewerkingsprojek van stapel gestuur om empiriese data te versamel om sodoende te kan evalueer wat dit is wat studente in werklikheid doen wanneer hulle taalprobleme probeer oplos. Om hierdie doel te bereik het ons gebruik gemaak van 'n nuwe metodologiese omgewing: skermopnames saam met 'n opdrag wat uitgevoer moet word terwyl daar hardop gedink word. Die versamelde empiriese data verskaf 'n breë insig in wat gebruikers werklik doen terwyl hulle poog om taalverwante take aanlyn op te los.
Gepubliceerd
2018-12-17
Citeerhulp
Müller-Spitzer, C., Nied Curcio, M., Domínguez Vázquez, M. J., Silva Dias, I. M., & Wolfer, S. (2018). Correct Hypotheses and Careful Reading Are Essential: Results of an Observational Study on Learners Using Online Language Resources. Lexikos, 28(1). https://doi.org/10.5788/28-1-1466
Sectie
Artikels/Articles