The Effectiveness of Using Dictionaries as an Aid for Teaching Standardization of English-based Sports Terms in Serbian

  • Mira Milić Faculty of Sports and Physical Education, University of Novi Sad, Serbia
  • Tatjana Glušac Faculty of Law and Business Studies Dr. Lazar Vrkatić, Novi Sad, Union University, Belgrade
  • Aleksandra Kardoš Faculty of Philosophy, University of Novi Sad, Serbia
Trefwoorden: woordeboekgebruik, Engels, Serwies, ESD-onderrig, sportterminologie, standaardisering

Samenvatting

Die effektiwiteit van die gebruik van woordeboeke as hulpmiddels in die onderrig van die standaardisering van Engelsgebaseerde sportterme in Serwies.In hierdie artikel word verslag gedoen oor die effektiwiteit van 'n nuwe onderrigmetode waarin woordeboeke benut word as hulpmiddels in die onderrig van die standaardisering van Engelsgebaseerde sportterme in Serwies. Hierdie navorsing is in 2017 uitgevoer onder die studente van 'n sportfakulteit deur middel van 'n vraelys wat aan die begin van die tweede helfte van 'n ESD-kursus en weer aan die einde daarvan aan die studente uitgedeel is. Dit het die evaluering van die studente se vordering ten opsigte van die aanleer van gestandaardiseerde sportterme in Serwies ten doel gehad wat 'n aanduiding sou wees van die effektiwiteit van die nuwe onderrigmetode. Die bevindings dui oor die algemeen op 'n mate van verbetering van die studente se kennis van gestandaardiseerde sportterminologie, maar dui ook op minder bevredigende vordering ten opsigte van hul taalkundige vaardigheid. Alhoewel die resultate nie die doelwitte wat aanvanklik gestel is ten volle bevredig het nie, verskaf dit steeds grondige argumente vir verdere pogings in die ontwikkeling en monitering van woordeboekgebruik in die onderrig van die standaardisering van Engelsgebaseerde sportterme in Serwies in die ESD-kurrikulum en, selfs belangriker nog, vir die sistematiese onderrig van woordeboekgebruik as deel van die moedertaalkurrikulum.
Gepubliceerd
2018-12-17
Citeerhulp
Milić, M., Glušac, T., & Kardoš, A. (2018). The Effectiveness of Using Dictionaries as an Aid for Teaching Standardization of English-based Sports Terms in Serbian. Lexikos, 28(1). https://doi.org/10.5788/28-1-1465
Sectie
Artikels/Articles