Once Again Why Lexicography Is Science

  • Tinatin Margalitadze Lexicographic Centre, Ivane Javakhishvili Tbilisi State University, Tbilisi, Georgia
Trefwoorden: vakstatus van leksikografie, betekenis van woorde, komponensiële betekenisanalise, definisiële analisemetode, OED, leksikografieteorie, leksikografiese praktyk, die onderrig van leksikografie, akademiese dissipline, MA in leksikografie

Samenvatting

Nog eens waarom leksikografie 'n wetenskap is.In hierdie artikel word 'n paar kwessies met betrekking tot die vakstatus van leksikografie aangespreek. Gebaseer op die sienings van vakkundiges soos L. Zgusta, R. Ilson, H. Wiegand, R. Gouws, H. Bergenholtz, S. Tarp, R. Lew en ander, argumenteer die outeur ten gunste van die siening dat die leksikografie 'n wetenskap is en dat die samestelling van 'n woordeboek 'n wetenskaplike aktiwiteit is. Die hoofkwessies wat in hierdie artikel aangespreek word, sluit die komplekse aard van woordbetekenis, die rol van woordeboeke in die beskrywing van woordbetekenis en die ontwikkeling van die leksikale semantiek in. Daar word ook aandag geskenk aan die definisiële studiemetode van woordbetekenis, wat gebaseer is op die ontleding van woordeboekdefinisies, komponente van die leksikografieteorie, die verband tussen die leksikografiese teorie en -praktyk, en die onderrig van die leksikografie as 'n akademiese dissipline by universiteite.Die outeur argumenteer dat die korrekte benadering tot die leksikografie en die vakstatus daarvan besonder belangrik in hierdie era van globalisering is. Slegs die heel nuutste leksikografiese en korpushulpbronne sal die toekoms van baie tale, spesifiek minder gebruikte tale, verseker, en voor hierdie hulpbronne geskep kan word, moet die leksikografie behoorlike erkenning as 'n wetenskap met "('n) groot interdissiplinêre taak" (Tarp 2017) geniet; moet gevorderde leksikografieteorie in 'n akademiese vakrigting verander word, moet leksikografie aan universiteite onderrig word, ens.
Gepubliceerd
2018-12-17
Citeerhulp
Margalitadze, T. (2018). Once Again Why Lexicography Is Science. Lexikos, 28(1). https://doi.org/10.5788/28-1-1464
Sectie
Artikels/Articles