An Empirical Study of EFL Learners' Dictionary Use in Chinese–English Translation

  • Pengcheng Liang School of Foreign Languages and Cultures, Nanjing Normal University and Bilingual Dictionary Research Center, Nanjing University, Jiangsu, China
  • Dan Xu School of Foreign Languages and Cultures, Nanjing Normal University, Jiangsu, China
Trefwoorden: woordeboekgebruikersvoorkeure, woordeboekgebruiksprosesse, EVT-leerders, vertalingsopdrag, onderhoud, skermopname, loglêers

Samenvatting

'n Empiriese studie van EVT-leerders se woordeboekgebruik in Chinees-Engelse vertaling. In hierdie artikel word verslag gelewer oor die resultate van 'n studie waarin leerders van Engels as Vreemde Taal (EVT) se gebruik van 'n elektroniese woordeboek in 'n L1–L2-vertalingsopdrag ondersoek is. Sewe en veertig nagraadse studente van 'n Chinese universiteit is versoek om op die rekenaar 'n Chinese stuk in Engels te vertaal met behulp van 'n ingeboude woordeboek. Skermopnemers is gebruik om hul gedrag rakende woordeboekgebruik vas te lê, en 'n opvolgonderhoud is gevoer om die denkprosesse wat hul gedrag rig, te probeer bepaal. Die resultate van die studie dui daarop dat EVT-leerders in die naslaanproses 'n voorkeur vir L2-ekwivalente en inhoudswoorde toon, en dit lê spesifieke probleme soos 'n beheptheid met L2-ekwivalente en 'n onkunde oor ander leksikale inligting bloot, wat kan verhinder dat die woordeboekinligting korrek toegepas word. Hierdie studie suggereer dat woordeboekgebruiksgedrag die ontwikkeling van studente se vertaalvermoëns mag affekteer en dat sowel EVT-leerders as ‑onderwysers aandag hieraan moet skenk. Daar word ook voorgestel dat vertaalonderwysers leerders se aandag moet vestig op hoe belangrik die kontrolering van ander leksikale inligting in 'n woordeboek in hul vertaalpraktyk is.
Gepubliceerd
2018-12-17
Citeerhulp
Liang, P., & Xu, D. (2018). An Empirical Study of EFL Learners’ Dictionary Use in Chinese–English Translation. Lexikos, 28(1). https://doi.org/10.5788/28-1-1463
Sectie
Artikels/Articles