A Lexicographic Approach to Teaching the English Article System: Help or Hindrance?

  • Sugene Kim Department of English Studies, Nagoya University of Commerce & Business, Nisshin, Japan
Trefwoorden: lidwoordstelsel in Engels, nominale telbaarheid, lidwoordgebruik, verklarende woordeboek met vertalings, Koreaanse EVT-leerders

Samenvatting

'n Leksikografiese benadering tot die onderrig van die Engelse lidwoordstelsel: 'n Hulp of 'n hindernis?In hierdie artikel word verslag gedoen oor veranderings in EVT-leerders se keuse van lidwoorde voor en nadat hulle lesse oor die hoofreëls wat van toepassing is op lidwoordgebruik asook leiding oor die raadpleging van woordeboeke ontvang het. 'n Steekproef van 43 Koreaanse kollegestudente het dieselfde opdrag uitgevoer waartydens gedwonge keuses ontlok is, een keer as 'n diagnostiese toets en weer as 'n postintervensietoets drie maande later. Anders as in die diagnostiese toets, waarin die deelnemers slegs die korrekte lidwoorde moes kies, is hulle in die postintervensietoets ook gevra om 'n geskrewe weergawe te gee van die besluitnemingsprosesse wat hulle gevolg het. Die ontleding van die diagnostiese toetsresultate, spesifiek die items wat die onbepaalde lidwoord of die zero-lidwoord vereis het, het getoon dat EVT-leerders sukkel met onbepaalde naamwoordgetalle, wat die belangrikheid van duidelike leksikografiese hantering van sodanige inligting beklemtoon het. Die postintervensietoets en die ontleding van die geskrewe hardop-dink-data het daarop gedui dat, alhoewel die gebruik van 'n verklarende woordeboek met vertalings oor die algemeen nuttig is vir nominale telbaarheid, die raadpleging van 'n woordeboek soms gebruikers kan verhinder om lidwoorde korrek te gebruik. Spesifieke probleemareas word bespreek.
Gepubliceerd
2018-12-17
Citeerhulp
Kim, S. (2018). A Lexicographic Approach to Teaching the English Article System: Help or Hindrance?. Lexikos, 28(1). https://doi.org/10.5788/28-1-1462
Sectie
Artikels/Articles