New Insights in the Design and Compilation of Digital Bilingual Lexicographical Products: The Case of the Diccionarios Valladolid-UVa

  • Pedro A. Fuertes-Olivera International Centre for Lexicography, University of Valladolid, Spain; and Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, South Africa
  • Sven Tarp International Centre for Lexicography, University of Valladolid, Spain; Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, South Africa; and Centre for Lexicography, University of Aarhus, Denmark
  • Peter Sepstrup Ordbogen A/S, Odense, Denmark
Trefwoorden: woordeboekkonsep, empiriese hulpbronne, log-lêers, Ngram Viewer, die internet as 'n korpus, samestellingsmetodes, leksikografiese data, aanlyn woordeboeke, geïntegreerde woordeboeke, skryfhulpmiddels, L2-resepsie-woordeboeke, L2-produksie-woordeboeke, ver

Samenvatting

Nuwe insig in die ontwerp en samestelling van digitale tweetalige leksikografiese produkte: Die geval van die Diccionarios Valladolid-UVa.In hierdie bydrae word aandag geskenk aan 'n nuwe digitale Engels–Spaans–Engelse leksikografiese projek wat begin is in opdrag van die Deense hoëtegnologiemaatskappy Ordbogen A/S. 'n Ooreenkoms is gesluit met die Universiteit van Vallodolid (Spanje) vir die ontwerp en vervaardiging van 'n digitale leksikografiese produk wat ekonomies en kommersieel uitvoerbaar is en wat gebruik kan word vir verskillende doeleindes wat verband hou met die uitbreiding daarvan na nuwe markte en die bekendstelling van nuwe hulpmiddels en dienste wat leksikografiese data benut. Die artikel bespreek die filosofie onderliggend aan die projek, belig sommige van die vernuwende elemente wat bekendgestel is, soos die gebruik van log-lêers vir die samestelling van die aanvanklike lemmalys en die volgorde van die samestelling. Die samestellingsmetodologie wat begin by die aanname dat vernuwende konsepte toepaslik is, word ook geïllustreer, d.w.s. primêre en sekondêre tale in plaas van doel- en brontale. In hierdie bydrae word die aaname dat die toekoms van e-leksikografie fundamenteel berus op die noue samewerking tussen navorsingssentrums en hoëtegnologiemaatskappye wat die voldoende gebruik van ontwrigtende tegnologieë en vernuwende elemente verseker, verdedig.Sleutelwoorde: woordeboekkonsep; empiriese hulpbronne; log-lêers; Ngram Viewer; die internet as 'n korpus; samestellingsmetodes; leksikografiese data; aanlyn woordeboeke; geïntegreerde woordeboeke; skryfhulpmiddels; L2-resepsie-woordeboeke; L2-produksie-woordeboeke; vertalende woordeboeke
Gepubliceerd
2018-12-17
Citeerhulp
Fuertes-Olivera, P. A., Tarp, S., & Sepstrup, P. (2018). New Insights in the Design and Compilation of Digital Bilingual Lexicographical Products: The Case of the Diccionarios Valladolid-UVa. Lexikos, 28(1). https://doi.org/10.5788/28-1-1460
Sectie
Artikels/Articles