Representing the Cultural Dimension of Meaning in Learner's Dictionaries — From the Perspective of Chinese EFL Learners in L2 Reception

  • Mei Xue School of Law & Humanities, China University of Mining and Technology (Beijing), Beijing, P.R. China
Trefwoorden: Chinese EVT-leerders, kulturele dimensie, L2-resepsie, aanleerderswoordeboeke

Samenvatting

Die weergee van die kulturele dimensie van betekenis in aanleerderswoordeboeke — uit die oogpunt van Chinese EVT-leerders in L2-resepsie. Betekenis in woordeboeke word beskou as die mees frekwente datasoort wat deur taalaanleerders opgesoek word. 'n Omvattende reeks hulpmiddels is ontwikkel om die betekenis van leksikale items in aanleerderswoordeboeke weer te gee. Hierdie artikel begin by die interpretasie van vreemdetaalleerders se leksikografiese behoeftes in spesifieke gebruikersituasies en beoog om die implikasies van die pasmaking van definisies uit 'n kulturele perspektief te ondersoek met spesifieke verwysing na Chinese aanleerders van Engels. Die doel van hierdie artikel is drievoudig: i) om die status quo van die leksikografiese praktyk van Engelse aanleerderswoordeboeke te verstaan ten opsigte van die weergee van die kulturele dimensie van 'n leksikale item; ii) om die uitwerking van vreemdetaalleerders se taalkundige en kulturele agtergrond op hul leksikografiese behoeftes te interpreteer ten opsigte van kulturele aspekte by L2-resepsie; iii) om die geïdentifiseerde probleme met die huidige leksikografiese praktyke deur modelartikels aan te spreek. Daar word verwag dat die bevindinge in hierdie artikel lig sou kon werp op die interpretasie van aanleerders uit ander etniese groepe se leksikografiese behoeftes in verskillende situasies en ook 'n bydrae sou kon lewer tot die verbetering van die bruikbaarheid van toekomstige aanleerderswoordeboeke.
Gepubliceerd
2017-11-07
Citeerhulp
Xue, M. (2017). Representing the Cultural Dimension of Meaning in Learner’s Dictionaries — From the Perspective of Chinese EFL Learners in L2 Reception. Lexikos, 27(1). https://doi.org/10.5788/27-1-1416
Sectie
Artikels/Articles