Revisiting Lemma Lists in Swahili Dictionaries

  • Beata Wójtowicz Department of African Languages and Cultures, University of Warsaw, Warsaw, Poland
Trefwoorden: woordeboekgebruikersnavorsing, loglêerontleding, Swahili–Poolse woordeboek, lemmalys, afleidings

Samenvatting

Die herbesoek van lemmalyste in Swahili-woordeboeke.Wanneer 'n woordeboek saamgestel word, moet 'n leksikograaf 'n reeks besluite neem — van die opstel van 'n lemmalys, tot kwessies soos die formatering van 'n woordeboekinskrywing. Om staat te maak op korpusdata wanneer 'n lemmalys opgestel en inskrywings beskryf word, is standaardpraktyk in die huidige leksikografie, maar daar is steeds dikwels besluite — soos die keuse van 'n lemma of hoe om afleidings te hanteer — wat op intuïsie gebaseer is. Hierdie artikel beoog om te ondersoek of besluite wat in Swahili-woordeboeke geneem is, voldoen aan gebruikers se verwagtings. Ons analiseer loglêers van die nuwe Swahili–Poolse woordeboek om te ondersoek waarom die opsoek van woorde skeefloop, en evalueer die lemmakeuse en die hantering van afleidings in Swahili-woordeboeke. Ons beoog om die bestaande elektroniese woordeboek op grond van hierdie data uit te brei of te wysig om aan te pas by gebruikers se vlak van kennis ten opsigte van grammatika en woordeboekstruktuur. Tydens hierdie navorsing het ons 'n lys van leemtes ten opsigte van lemmas geïdentifiseer wat die meerderheid van onsuksesvolle Swahili-soektogte veroorsaak. Die navorsing toon dat gebruikers die woordeboek se lemmatiseringstrategie ken en verstaan, maar openbaar ook watter woordvorme die meeste probleme veroorsaak en hoe die lemmalys van Swahili-woordeboeke uitgebrei kan word.
Gepubliceerd
2017-11-07
Citeerhulp
Wójtowicz, B. (2017). Revisiting Lemma Lists in Swahili Dictionaries. Lexikos, 27(1). https://doi.org/10.5788/27-1-1415
Sectie
Artikels/Articles