Colors in French, American and British Dictionaries

  • Krista Williams Department of Foreign Languages and Cultures, University of Evansville, IN, USA
Trefwoorden: kleurdefiniëring, samevoeging en skeiding, wetenskaplike inligting in woordeboeke, Frans, Franse woordeboeke, Engels, Amerikaanse woordeboeke, Britse woordeboeke, gebruikersverwagting

Samenvatting

Kleure in Franse, Amerikaanse en Britse woordeboeke.Buiten die betekenisse wat kleure in die alledaagse lewe het, beskik kleure ook oor betekenisse wat spesifiek is aan bepaalde velde soos die fisika en die drukkerswese. In hierdie artikel word die gespesialiseerde inligting wat in kleurdefinisies in Franse, Amerikaanse en Britse woordeboeke gevind word, ondersoek. Daar word gekyk of gespesialiseerde en nie-gespesialiseerde definisies saamgevoeg of geskei word, hoeveel wetenskaplike inligting ingesluit word, of die inligting diachronies en/of geografies varieer en of woordeboeke konsekwent is in hul etikettering van kleure as deel van 'n groep (primêr, spektraal, ens.). Ons het bevind dat gespesialiseerde en nie-gespesialiseerde betekenisse van kleure eerder saamgevoeg as geskei word. Dit is teenstrydig met die hantering van ander woorde met beide gespesialiseerde en nie-gespesialiseerde betekenisse in dieselfde woordeboeke, wat daarop dui dat die skeidslyn tussen betekenisse nie duidelik is vir kleure nie. Ons het ook bevind dat meer gespesialiseerde inligting met verloop van tyd in Franse, Amerikaanse en Britse woordeboeke ingesluit is, maar dat Amerikaanse woordeboeke steeds die meeste insluit. Boonop is Amerikaanse woordeboeke ook meer konsekwent as die woordeboeke van die ander twee nasionaliteite betreffende hul etikettering van kleure as deel van 'n groep, sowel in die etikette self as in die etikettering van alle groepslede. Op grond van hierdie bevindings maak ons voorstelle vir die definiëring van kleure in algemene gebruikerswoordeboeke.
Gepubliceerd
2017-11-07
Citeerhulp
Williams, K. (2017). Colors in French, American and British Dictionaries. Lexikos, 27(1). https://doi.org/10.5788/27-1-1414
Sectie
Artikels/Articles