L2 Writing Assistants and Context-Aware Dictionaries: New Challenges to Lexicography

  • Sven Tarp Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, South Africa and Centre for Lexicography, Aarhus University, Denmark
  • Kasper Fisker Ordbogen A/S, Odense, Denmark
  • Peter Sepstrup Ordbogen A/S, Odense, Denmark
Trefwoorden: <i>Write Assistant</i>, inligtingshulpmiddel, geïntegreerde woordeboeke, L2-skryfwerk, inligtingsoektogproses, empiriese hulpbronne, korpora, taalmodel, konteks-sensitiewe woordeboeke, woordeboekkonsep

Samenvatting

L2-Skryfhulpmiddels en konteks-sensitiewe woordeboeke: Nuwe uitdagings vir die leksikografie. Woordeboeke word toenemend geïntegreer in ander hulpmiddels wat ontwerp is om te help met die lees, skryf en vertaling van tekste. Write Assistant is 'n nuut ontwikkelde hulpmiddel wat gerig is daarop om mense wat in 'n tweede taal skryf te assisteer. Dit is gebaseer op groot data wat verkry is uit korpora en digitale woordeboeke. In hierdie artikel word die filosofie agter die hulpmiddel, die tegnieke wat toegepas word, die empiriese basis en die funksionaliteit daarvan bespreek, sowel as die mate waartoe dit die gebruikers daarvan help. Daar word aangetoon hoe die hulpmiddel dit moontlik maak om sommige fases in die funksionele inligtingsoektogproses te verkort en selfs te weg te laat, en hoe dit die gebruiker toelaat om fokus op die boodskap wat geskryf moet word, te behou sonder dat dit nodig is om eksterne inligtingsbronne te raadpleeg. In hierdie artikel word aangedui hoe die onderligginde tegnologie lei tot die skep van 'n nuwe soort woordeboek wat konteks-sensitief is en wat 'n meer persoonlike gebruikersdiens verskaf. Dit dui egter ook daarop dat toekomstige woordeboekbehoeftes konseptueel by die spesifieke hulpmiddel aangepas moet word om die diens te optimaliseer. Dit hou alles nuwe uitdagings in vir die leksikografie.
Gepubliceerd
2017-11-07
Citeerhulp
Tarp, S., Fisker, K., & Sepstrup, P. (2017). L2 Writing Assistants and Context-Aware Dictionaries: New Challenges to Lexicography. Lexikos, 27(1). https://doi.org/10.5788/27-1-1412
Sectie
Artikels/Articles