Direct User Guidance in e-Dictionaries for Text Production and Text Reception — The Verbal Relative in Sepedi as a Case Study

  • D.J. Prinsloo Department of African Languages, University of Pretoria, Pretoria, South Africa
  • Theo J.D. Bothma Department of Information Science, University of Pretoria, South Africa
  • Ulrich Heid Department of Information Science and Natural Language Processing, Hildesheim University, Hildesheim, Germany and Department of African Languages, University of Pretoria
  • Daniel J. Prinsloo Entelect, Melrose Arch, Johannesburg, South Africaand Department of African Languages, University of Pretoria, Pretoria, South Africa
Trefwoorden: skryfhulpmiddels, gebruikersleiding, gebruikersondersteuning, teksproduksie, e-woordeboeke, Afrikatale, Sepedi, komplekse grammatikale strukture, relatiefkonstruksie

Samenvatting

Direkte gebruiksleiding in e-woordeboeke vir teksproduksie en teksresepsie — die werkwoordrelatief in Sepedi as gevallestudie.Hierdie artikel stel 'n prototipe van 'n skryf- en (leer)hulpmiddel bekend vir werkwoordrelatiewe konstruksies in die Afrikataal Sepedi, wat vanuit 'n woordeboek of 'n woordverwerker toeganklik is. Dit dien as voorbeeld van hoe 'n gebruikershulpmiddel vir ingewikkelde grammatikale strukture in 'n hulpbronbeperkte taal saamgestel kan word. Ons beskryf 'n dinamiese liggewig hulpmiddel wat gemik is op die kombinering van gebruikerskennis met teksproduksie-ondersteuning, dit wil sê, gebruikersbetrokkenheid by interaktiewe teksproduksie van die ingewikkelde werkwoordrelatiewe in Sepedi. In hierdie artikel is die fokus op toegang tydens 'n woordeboekgebruiksituasie. Hoewel die werktuig bedoel is as 'n skryfhulpmiddel om gebruikers in die produksie van teks te ondersteun, voldoen dit ook aan teksresepsie- en kognitiewe behoeftes. Die fokus is egter op die oplossing van teksproduksiekwessies wat verband hou met die interaksie tussen leksikale items en komplekse grammatikale strukture in die Afrikatale asook op die aanleer van taal deur gebruikers en/of die opleiding van gebruikers in hierdie interaksie.
Gepubliceerd
2017-11-07
Citeerhulp
Prinsloo, D., Bothma, T. J., Heid, U., & Prinsloo, D. J. (2017). Direct User Guidance in e-Dictionaries for Text Production and Text Reception — The Verbal Relative in Sepedi as a Case Study. Lexikos, 27(1). https://doi.org/10.5788/27-1-1408
Sectie
Artikels/Articles