The Dictionary in Examinations at a South African University: A Linguistic or a Pedagogic Intervention?

  • Dion Nkomo School of Languages, Rhodes University,Grahamstown, South Africa
Trefwoorden: woordeboekgebruik, woordeboekhulp, opvoedkundige leksikografie, oopboekeksamens, taalkundige ingryping, opvoedkundige ingryping

Samenvatting

Die woordeboek in eksamens by 'n Suid-Afrikaanse universiteit: 'n taalkundige of 'n opvoedkundige ingryping?Hierdie artikel ondersoek studente se gebruik van woordeboeke vir eksamendoeleindes by die Rhodes Universiteit in Suid-Afrika. Die praktyk, waarvoor daar voorsiening gemaak word in die universiteit se taalbeleid, word wyd beskou as 'n taalkundige ingryping met suiwer taalkundige inligting wat in die besonder daarop toegespits is om Engels Addisionele Taal-studente te help, waarvan die meerderheid Afrikatale praat. So 'n siening is 'n mistasting, aangesien dit die feit ignoreer dat die praktyk van voor die huidige institusionele taalbeleid, wat in 2006 aanvaar is, dateer. Alhoewel dit moeilik was om die werklike motivering daarvoor vóór die huidige taalbeleid vas te stel, toon hierdie navorsing dat sowel Engels Moedertaal- as Engels Addisionele Taal-studente die woordeboek tydens eksamens gebruik vir hulp wat oor die algemeen beskou kan word as opvoedkundig eerder as suiwer taalkundig. Dit dring akademici om die manier waarop hulle onderrig gee en assessering doen, te heroorweeg, en kennis te neem van die opvoedkundige waarde van die woordeboek, wat taalkundige hulp oortref.
Gepubliceerd
2017-11-07
Citeerhulp
Nkomo, D. (2017). The Dictionary in Examinations at a South African University: A Linguistic or a Pedagogic Intervention?. Lexikos, 27(1). https://doi.org/10.5788/27-1-1406
Sectie
Artikels/Articles