Koalas, Kiwis and Kangaroos: The Challenges of Creating an Online Australian Cultural Dictionary for Learners of English as an Additional Language

  • Julia Miller School of Education, The University of Adelaide, Australia
  • Deny A. Kwary Department of English Literature, Airlangga University, Indonesia
  • Ardian W. Setiawan The State Polytechnic Manufacture Bangka Belitung, Sungai Liat, Indonesia
Trefwoorden: Australies, kultuur, woordeboek, Engels as addisionele taal, aanleerderswoordeboek, aanlyn

Samenvatting

Koalas, kiwi's en kangaroes: Die uitdagings in die skep van 'n aanlyn Australiese kulturele woordeboek vir aanleerders van Engels as 'n addisionele taal. In hierdie artikel word verslag gedoen oor 'n aanlyn kulturele woordeboek vir aanleerders van Engels as 'n Addisionele Taal (EAT) in Australië. Potensiële gebruikers wat Engels vir akademiese doeleindes in 'n Australiese universiteitstoelatingsprogram studeer, het die inligting vir elke fase in die skep van die woordeboek verskaf. Daar is oorweging geskenk aan die behoefte aan so 'n woordeboek; terme wat ingesluit moet word; inligting wat benodig word vir elke inskrywing (insluitend oudio- en visuele materiaal); die gebruik van 'n beperkte definiëringswoordeskat; voorbeeldsinne; notas oor die gebruik van elke term; en die evaluering van gebruikersterugvoer nadat die woordeboek aanlyn verskyn het. Data verkry uit die vraelyste dui daarop dat gebruikers spesifiek waarde heg aan die gebruikersvriendelikheid, voorbeeldsinne, en spesifiek Australiese inhoud (insluitend uitspraak gegee in 'n Australiese aksent). Daar word voorgestel dat meer inskrywings bygevoeg word, en dat kulturele woordeboeke geskep word vir ander variëteite van Engels, sowel as vir ander tale.
Gepubliceerd
2017-11-07
Citeerhulp
Miller, J., Kwary, D. A., & Setiawan, A. W. (2017). Koalas, Kiwis and Kangaroos: The Challenges of Creating an Online Australian Cultural Dictionary for Learners of English as an Additional Language. Lexikos, 27(1). https://doi.org/10.5788/27-1-1405
Sectie
Artikels/Articles