Multimodal Exemplification:The Expansion of Meaning in Electronic Dictionaries

  • Xiqin Liu School of Foreign Languages, South China University of Technology, China and Guangdong University of Foreign Studies, China
Trefwoorden: e-woordeboek, voorbeeld, metafunksionele betekenis, multimodale diskoersanalise, multimodale toeligting, multimodale leksikografie

Samenvatting

Multimodale toeligting: Betekenisuitbreiding in elektroniese woordeboeke.In hierdie artikel word elektroniese woordeboeke binne die raamwerk van Sistemies-Funksionele Multimodale Diskoersanalise (SF-MDA) ondersoek en geargumenteer ten gunste van die verbetering van hul multimodale toeligtingshulpmiddels. Indien multimodale hulpmiddels goed gekoördineer word, kan hulle help om die e-woordeboekvoorbeelde te optimaliseer ten opsigte van informatiwiteit, diversiteit, dinamiek en interaktiwiteit. Die term multimodale toeligting word tentatief voorgestel onder die oorkoepelende multimodale leksikografie (Lew 2010), en gedefinieer as die seleksie en aanbieding van voorbeelde met behulp van multimodale hulpmiddels ten einde groter effektiwiteit in toeligting te verkry as wat met slegs taal gedoen kan word, veral in 'n e-woordeboek. Daar is bewyse dat multimodale toeligting die drie metafunksionele betekenisse van die e-woordeboekdiskoers kan uitbrei: begripvormend, interpersoonlik en tekstueel. Begripvormende betekenis kan uitgebrei word nie alleen deur multimodale voorbeelde per se nie, maar ook deur tussenmodale voorbeeld–definisie verbintenisse, en hiperskakels vergemaklik betekenisvloei in die semantiese netwerk. Interpersoonlike betekenis kan uitgebrei word deur gebruikersdeelname en ontwerpopsies, insluitend dié vir bladuitleg (ruimtelike modus) en voorbeeldgenrestyl (verbale modus). Tekstuele betekenis kan versterk word deur inligtingswaarde, samestelling, treffendheid en raming. In hierdie artikel word 'n eerste poging aangewend om die intermodale verhouding tussen 'n definisie en die voorbeelde onder dieselfde betekenis te verken, en om 'n diagram aan te bied wat 'n ontwerp tipies aan die visuele ruimte in e‑woordeboeke illustreer. Deur die spesiale kenmerke van multimodale voorbeeldtekste te verken, kan ons begrip van die groeiende multimodale leksikografie dalk verbeter word en kan die multimodale diskoersstudies vanuit 'n leksikografiese perspektief dalk aangevul word.
Gepubliceerd
2017-11-07
Citeerhulp
Liu, X. (2017). Multimodal Exemplification:The Expansion of Meaning in Electronic Dictionaries. Lexikos, 27(1). https://doi.org/10.5788/27-1-1404
Sectie
Artikels/Articles