"Minimum Input, Maximum Output, Indeed!" Teaching Collocations Through Collocation Dictionary Skills Development

  • Sugene Kim Department of English Studies, Nagoya University of Commerce & Business, Nisshin, Japan
Trefwoorden: kollokasie, kollokasiewoordeboek, woordeboekvaardighede, EVT-skryfwerk, L2-skryfwerk, kollokasiefoute, L1-interferensie, kollokasionele bevoegdheid, selfstandigheid by leerders

Samenvatting

"Sowaar minimum inset, maksimum uitset!" Die onderrig van kollokasies deur woordeboekvaardigheidsontwikkeling ten opsigte van kollokasies. Hierdie studie het die moontlikheid ondersoek om kollokasies te onderrig deur EVT-leerders se woordeboekvaardighede te ontwikkel ten opsigte van kollokasies. Nege-en-vyftig EVT-kollegestudente het aan die studie deelgeneem. Hulle het twee opleidingsessies van 75 minute elk tussen die aanvanklike en uiteindelike toetse ontvang: een oor die definisie van die kollokasie en sy belangrikheid, en die ander oor die vaardigheid om kollokasionele inligting in die Naver Woordeboek — 'n Engels–Koreaanse aanlyn woordeboek — op te soek. Tydens die tweede opleidingsessie is die studente opgelei om die woordeboek te raadpleeg vir die produksie van kollokasies in die volgorde van noduswoordseleksie, betekenisonderskeiding, die opsoek van kollokasiesoorte, en die identifisering van werkbare kollokasies. 'n Vergelyking van die resultate vir kollokasieproduksie deur 'n t-toets vir gepaarde steekproewe het getoon dat die onderrig van woordeboekvaardighede ten opsigte van kollokasies die leerders se vermoë om natuurlike kollokasies te produseer aansienlik verbeter het ondanks vaardigheidsverskille. Daarbenewens het die ondersoekdata wat aan die einde van die semester ingesamel is, daarop gedui dat die deelnemers die opleiding as noodsaaklik en nuttig beskou het om kollokasionele bevoegdheid te verwerf en dat hulle manier om woordeboeke te raadpleeg ná die opleiding verander het. Daar is bevind dat die toerus van EVT-leerders met woordeboekvaardighede ten opsigte van kollokasies help om 'n gevoel van selfstandigheid by leerders te wek.
Gepubliceerd
2017-11-07
Citeerhulp
Kim, S. (2017). "Minimum Input, Maximum Output, Indeed!" Teaching Collocations Through Collocation Dictionary Skills Development. Lexikos, 27(1). https://doi.org/10.5788/27-1-1403
Sectie
Artikels/Articles