Intellectualization through Terminology Development

  • Langa Khumalo Linguistics Program, School of Arts, University of KwaZulu-Natal, South Africa
Trefwoorden: intellektualisering, terminologieontwikkeling, oes, skaredeelname, konsultasie, verifikasie, stawing, deurlopende toegang

Samenvatting

Intellektualisering deur terminologieontwikkeling. Die term intellektualisering is oorspronklik deur die Praagse skool gebruik om 'n proses wat 'n taal tydens sy ontwikkeling en verfyning ondergaan te beskryf. In ons Suid-Afrikaanse konteks behels intellektualisering 'n sorgvuldig beplande proses om die ontwikkeling en groei van plaaslike amptelike Afrikatale te bespoedig sodat hulle effektief op alle hoëvlakterreine funksioneer as tale van onderrig en leer, navorsing, wetenskap en tegnologie. Hierdie artikel doen 'n kritiese ondersoek na die terminologieontwikkelingsproses wat by die Universiteit van KwaZulu-Natal (voortaan UKZN) bestuur word as een van die sleutelfigure van taalintellektualisering. UKZN se terminologieontwikkelingsmodel word gebruik om isiZulu-terminologie binne die dissiplines Administrasie, Argitektuur, Anatomie, Rekenaarwetenskap, Omgewingswetenskap, die Regte, Fisika, Sielkunde en Verpleegkunde te oes, te raadpleeg en te staaf. Die artikel evalueer hierdie model krities. Afvoerplatforms vir die terminologie in hierdie ontwikkelingsmodel word losweg gelys as die 'databasis' en die 'ontwikkelingsplatform', maar daar is geen duidelike eindgebruikerplatform vir studente en dosente nie, wat waarskynlik die belangrikste eindgebruikerteikengroep van die hele terminologieontwikkelingsinisiatief vorm. Die artikel stel 'n verbeterde model voor wat deurlopende toegang sal bied, wat gerieflik vir studente se behoeftes tussen lesings sal wees, en wat die oesmeganisme in die bestaande model sal verbeter.
Gepubliceerd
2017-11-07
Citeerhulp
Khumalo, L. (2017). Intellectualization through Terminology Development. Lexikos, 27(1). https://doi.org/10.5788/27-1-1402
Sectie
Artikels/Articles